Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Room van SA vrouekrieket op pad na Kaap

Dané van Niekerk, kaptein van die nasionale vrouekrieketspan, sal een van die vier spanne aanvoer in die T20-Superliga wat in Kaapstad plaasvind.

Die loting vir die toernooi, wat van 14 tot 16 Desember op Nuweland beslis word, vind Donderdag aanlyn plaas.

Suné Luus hier in aksie vir Suid-Afrika tydens ’n eendagwedstryd teen Engeland in 2018. Foto: Getty Images

Van Niekerk sal kaptein wees van die Coronations, die verdedigende kampioen. Die ander drie spanne sal deur die Proteas Suné Luus (Duchesses), Chloe Tryon (Starlights) en Tumi Sekhukhune (Thistles) aangevoer word.

Spanne sal bestaan uit ’n mengsel van spelers wat Suid-Afrika al internasionaal verteenwoordig het, van die land se voorste o.19’s en ook diegene wat goeie peil op provinsiale vlak getoon het voor die inperking.

Al die Proteas wat in die onlangse Big Bash in Australië in aksie was, is beskikbaar. Dit sluit in Mignon du Preez, wat Doer Onder 380 lopies in 13 kolfbeurte geslaan het, en Laura Wolvaardt (347 in 14).

Dané van Niekerk sal een van die vier spanne aanvoer. Foto: Getty Images

Shabnim Ismail, wat met haar boulvertoning van 2/12 die afgelope naweek in die eindstryd met die prys as Speler van die Wedstryd bekroon is, sal ook hoop dat haar naam uitgelees word.

Die toernooi sal Hilton Moreeng, afrigter van die nasionale vrouespan, die ideale geleentheid gee om hom te vergewis van nuwe talent wat beskikbaar is en om persoonlike kontak met die topspelers te hê – iets wat in die tyd van die Covid-19-pandemie selde moontlik was.

Daar wag ’n besige 2021 op die Proteas, met ’n toer na Brittanje wat in die Engelse somer beplan word. Dan is die verwagting dat Suid-Afrika vroeg in die nuwe jaar teen internasionale spanne op tuisbodem te staan gaan kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.