Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Room van wêreld se jonges ruk op
’n Jong Aiden Markram toe Suid-Afrika die Wêreldbeker vir o.19-spanne in 2014 gewen het.Foto: Getty Images

Die wêreldsterre van die toekoms is vroeg aanstaande jaar in aksie op Suid-Afrikaanse krieketvelde in die Internasionale Krieketraad (IKR) se o.19-Wêreldbeker-toernooi.

Sestien spanne neem in vier groepe van vier elk in die 13de weergawe van hierdie toernooi deel. Dit is die tweede keer wat Suid-Afrika gasheer speel vir hierdie skouspel.

Die vorige keer was in 1998.

Die eerste wedstryd is op 17 Januarie en die eindstryd word op 9 Februarie beslis.

Die vier sentra waar die toernooi plaasvind, is Bloemfontein, Kimberley, Potchefstroom en Benoni.

Daar word 48 wedstryde beslis, met die voorste twee in elk van die groepe wat deurdring tot die kwarteindronde.

PUNE, INDIA - OCTOBER 11: Virat Kohli captain of I
Die Indiese kolfmaestro Virat Kohli.

Van die groot name wat nou die wêreldverhoog hul eie gemaak het en ook deur die toernooi gekom het, sluit in Indië se Virat Kohli, Joe Root van Engeland, Kane Williamson van Nieu-Seeland, Steve Smith van Australië en Kagiso Rabada van Suid-Afrika.

Japan en Nigerië is die twee lande wat hul debuut in dié toernooi maak.

Nigerië bevind hom in ’n baie moeilike groep saam met Engeland, Australië en die Wes-Indiese Eilande.

Japan is in die groep waar die kampioen, Indië, ook is.

Suid-Afrika is in ’n groep saam met Afganistan, Kanada en die Verenigde Arabiese Emirate. Die enigste keer wat Suid-Afrika tot dusver die toernooi kon wen, was in 2014 in Dubai, toe Ray Jennings nog die afrigter was en die span deur Aiden Markram aangevoer is, met Rabada wat ’n deurslaggewende rol met die bal gespeel het.

Die eindstryd op 9 Februarie word in Potchefstroom beslis. Toegang vir al die wedstryde is gratis.

Meer oor:  Virat Kohli  |  Kagiso Rabada  |  Aiden Markram  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  2020  |  Januarie  |  Gasheer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.