Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Root deel straf aan Windies uit

’n Kapteinsbeurt deur Joe Root het Engeland gehelp om die derde dag se spel van die derde toets teen die Wes-Indiese Eilande met ’n voorsprong van 448 af te sluit.

England se kaptein, Joe Root, erken die applous van die skare toe hy sy honderdtal bereik het. Foto: Reuters

Engeland sal Dinsdag sy tweede kolfbeurt op Gros Islet, voortsit op 325/4, met Root (111*, 209 b) en Ben Stokes (29*, 59 b) voor die penne.

Die besoekers het Maandag sy kolfbeurt op 19/0 hervat nadat die Windies, wat reeds die reeks beklink het, in antwoord op die Engelse se eerstebeurttelling van 277 slegs 154 kon aanteken.

Engeland se aanvangskolwers, Rory Burns (10, 22 b) en Keaton Jennings (23, 99 b), het egter nie Maandag lank voor die paaltjies vertoef nie.

Ná die twee het Joe Denly 69 lopies bygedra voordat Shane Dowrich hom agter die paaltjie van Shannon Gabriel se boulwerk af uitgevang het. – Sportredaksie

Meer oor:  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Joe Root  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.