Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Root en Gabriel in relletjie oor ‘gay-opmerking’

Shannon Gabriel, snelbouler van die Windies, het iets gesê “waaroor hy spyt kan wees”, het Joe Root, kaptein van Engeland se krieketspan, ná die derde dag se spel in die derde toets tussen dié spanne gesê.

Shannon Gabriel (middel) wissel woorde met Joe Root en Joe Denly. Foto: Getty Image

Dit volg nadat die mikrofoon in die paaltjies die laaste gedeelte van ’n woordewisseling tussen Gabriel, Root en nog ’n Engelse kolwer, Joe Denly, in Maandag se wedstryd in Gros Islet opgetel het.

Die gedeelte wat gehoor kan word, is waar Root sê: “Daar is niks daarmee fout om gay te wees nie.”

Hoewel die mikrofone nie Gabriel se vroeë opmerkings opgetel het nie, het die skeidsregters blykbaar die saak met hom opgeneem.

En terwyl gesien kon word hoe Root Gabriel op die veld oor die kole haal vir sy opmerkings, wou die Engelsman ná afloop van die dag se spel nie te veel aandag daarop vestig nie en lyk dit ook nie of hy ’n klag by die wedstrydbeamptes aanhangig gaan maak nie.

“Somtyds sê mense dinge op die veld waaroor hul spyt gaan wees, maar hulle moet toegelaat word om op die veld te bly,” sê Root.

“Hierdie is toetskrieket en hy (Gabriel) is ’n emosionele persoon, wat alles in sy vermoë probeer om ’n toets te wen. Hy is ’n goeie en trotse ou wat krieket hard speel.

“Die tweestryd was goed en hy het ’n goeie reeks gehad en kan trots op homself wees,” sê Root.

Hoewel Gabriel se opmerkings uit verskeie oorde gekritiseer word, is dit dalk eerder ’n geval van ’n botsing van kulture.

Richard Pybus, die Windies se tussentydse afrigter, sê hy is nie bewus van die opmerkings nie, maar sê indien dit wel gesê is, die saak opgevolg sal word.

Hoewel Gabriel se opmerkings uit verskeie oorde gekritiseer word, is dit dalk eerder ’n geval van ’n botsing van kulture.

Radiostasies in sommige dele van die Karibiese Eilande speel gereeld musiek met lirieke wat as homofobies gesien kan word en ontoelaatbaar in Brittanje en baie ander plekke sal wees.

Daarby is homoseksualiteit onwettig in groot dele van dié streek.

* Die Windies loop met 2-0 voor in die reeks van drie toetse. – espncricinfo.com, Sportredaksie

Meer oor:  Shannon Gabriel  |  Gay  |  Windies  |  Joe Root  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.