Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Root herskryf Engelse rekordboeke

Joe Root, die Engelse krieketkaptein, het Saterdag en Sondag in Galle vir langer as agt uur ’n meesterklas aangebied hoe om draaiboulwerk in Sri Lanka te trotseer voordat sy geluk in die laaste boulbeurt van die derde dag se spel letterlik vir hom uitgeloop het.

Dit was so ampertjies of Joe Root het Sondag weer ’n dubbele honderdtal teen Sri Lanka aangeteken.Foto: Getty Images

Root het 186 lopies (495 minute, 309 balle, 18x4) aangeteken om sy span op 339/9 te laat eindig. Dit is ’n agterstand van nog 42 lopies nadat Sri Lanka 381 in sy eerste beurt behaal het.

Hoewel Root se kolfbeurt die dag oorheers het, het die linkerhandse draaier Lasith Embuldeniay met sy 7/132 die skaal weer in Sri Lanka se guns laat swaai.

Hy kan verwoestend op die laaste dag op ’n verwerende blad wees as Engeland ’n wenteiken moet jaag.

Root is die eerste Engelse kolwer wat die afgelope 16 jaar meer as 150 lopies in opeenvolgende toetse kon aanteken.

Nadat hy 228 lopies in die Engelse se eerste beurt van die eerste toets aangeteken het, het hy Marcus Trescothick se prestasie, wat 194 en 151 lopies in agtereenvolgende toetse in 2005 in Bangladesj aangeteken het, geëwenaar.

Dit was Root se 19de toetshonderdtal en hy spog nou met 8 238 toetslopies nadat hy verby Kevin Pietersen (8 181) en David Gower (8 231) geskuif het en nou die vierde meeste lopies in Engelse toetskrieket aangeteken het.

Hoewel Root in 2020 nie ’n honderdtal kon aanteken nie, het hy sy beste peil herwin en veral met sy omgekeerde veeghoue gewys hoe om draaiboulwerk baas te raak.

Root, wat teen die einde met krampe begin sukkel het, is deur Oshada Fernando, wat op kortby veldwerk gedoen het, uitgehardloop toe hy buite sy kolfkampie was.

Die Engelse kaptein het sy span gered, want sy vennootskap van 97 lopies om die vyfde paaltjie saam met die paaltjiewagter Jos Buttler (55), het die skip omgekeer.

Root en die Engelse draaibouler Dom Bess (32) het hierop voortgebou en 81 lopies om die sewende paaltjie aangeteken om enige verdere bloeding te keer.

Root, wat reeds 633 balle in die reeks van twee toetse getrotseer is, is ook in die eerste toets in Engeland se tweede beurt uitgehardloop.

Dit was Root se 19de toetshonderdtal en hy spog nou met 8 238 toetslopies nadat hy verby Kevin Pietersen (8 181) en David Gower (8 231) geskuif het en nou die vierde meeste lopies in Engelse toetskrieket aangeteken het. – Reuters

Meer oor:  Sri Lanka  |  Toetskrieket  |  Tweede Toets  |  Joe Root  |  Galle  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.