Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Root soek eerlike antwoorde
Die Engelse hotklou-snelbouler Sam Curran Sondag op die laaste dag van die driedaagse wedstryd teen Suid-Afrika A op Willowmoorepark in Benoni in aksie. Foto: Getty Images

Al het die Engelse opwarmingswedstryd teen Suid-Afrika A op Willowmoorepark in Benoni Sondagmiddag net voor 14:00 tot ’n onbesliste einde gekom, was daar genoeg in sy span se vertoning wat die toerspan se kaptein, Joe Root, opgewonde maak oor die reeks van vier toetse teen Suid-Afrika wat voorlê.

“Die twee kolwers wat honderdtalle behaal het (Joe Denly en Ollie Pope) het gewys hulle is besig om hul plekke in die toetsspan te verstewig en ook waartoe hulle in staat is. Dat ons meer as 350 in die eerste beurt kon kry (456/7) was briljant. Deur lopies aan te teken, skep dit selfvertroue. Ek was ook baie tevrede met die boulvertoning van Jimmy (Anderson, 3/41 in 19 beurte) en hy is gewis terug met mening,” het Root gesê.

“Dit was nou nie die ideale situasie om drie boulers soos Stuart (Broad), Jofra (Archer) en Jack (Leach) nie beskikbaar te hê nie weens griep, maar ons het gewerk met wat ons het en dit het heel goed verloop,” sê hy van die 325/5 wat die SA naasbestes in 93.2 beurte behaal het toe daar blad geskud is.

“Dit is nogal ’n dilemma dat twee van ons voorste snelboulers (Broad en Archer) nou nog nie op hierdie toer geboul het nie. Ons sal slim besluite moet maak voor die span gekies word vir die eerste toets. Hopelik sal hulle in die volgende drie dae ten minste goeie oefening in die nette kan kry.

“Ons gaan die siek spelers nodig hê om eerlik te wees en te sê of hulle glo hulle is gesond genoeg om deur vyf dae se toetskrieket te kan kom. Hul eerlikheid gaan van kardinale belang wees. Ons wil nie met iemand in die toets speel wat dit nie enduit gaan kan maak nie,” sê Root.

Ons sal baie openhartig met mekaar moet wees en gesonde oordeel sal moet seëvier in die besluite wat gemaak moet word oor die volgende drie dae.
Joe Root

“Ek wil nie hê iemand moet sê hy is reg om te speel en dan laat hy die span in die steek deur nie sy alles te kan gee nie,” was Root se boodskap.

“Ons sal baie openhartig met mekaar moet wees en gesonde oordeel sal moet seëvier in die besluite wat gemaak moet word oor die volgende drie dae.

“Ek voel in die geheel is ons omtrent so reg vir die reeks as wat ons kan wees. Dit sal daaroor gaan om die meeste te maak van die geleenthede wat ons kant toe kom en die belangrike oomblikke, met bal en kolf, moet aangegryp word,” het die kaptein gesê.

Benewens Anderson het net Ben Stokes (1/68) en Sam Curran (1/62) paaltjies geneem vir Engeland.

Curran het boonop sy paaltjie, met wat uiteindelik die laaste bal van die kragmeting was, gekry toe ’n moeë Keegan Petersen (111) ná agt minute minder as ses ure voor die paaltjies ’n bal van buite die wegpen op sy paaltjies gekap het.

Meer oor:  Krieket  |  Benoni  |  Joe Root  |  Jofra Archer  |  Proteas  |  Engeland  |  Toetsreeks  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.