Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Rusty speel nou krieket vir Amerika
Rusty Theron. Foto: Gallo Images

Die voormalige Protea-snelbouler Rusty Theron is by Amerika se krieketgroep ingesluit, wat in sy eerste eendagreeks nog op tuisbodem teen Namibië en Papoea-Nieu-Guinee gaan speel.

Die wedstryde gaan in Lauderhill, Florida, gespeel word.

Theron (34) speel volgens usacricket.org vir die Potomac-klub in die Washingtonse liga. Hy het vir die VSA verkiesbaar geword nadat hy die vereiste verblyfreël nagekom het.

Die Protea-snelbouler Dale Steyn kan intussen volgens die dailytelegraph.com.au vir die Melbourne Stars in vanjaar se Australiese Big Bash-T20-liga speel. Faf du Plessis, wat ná die Wêreldbeker-toernooi reeds in Kanada en Engeland se T20-reek in aksie was, kan ook weer vir die Perth Scorchers beskikbaar wees. - Sportredaksie

Meer oor:  Potomac-Klub  |  Krieket  |  Amerika  |  Rusty Theron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.