Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA A-span se kolfwerk spel gevaar vir Proteas

As die kolfwerk van Suid-Afrika se naasbestes ’n aanduiding is, moet Protea-ondersteuners hulle regmaak vir trane in die reeks van drie toetse in Oktober teen Indië.

Slegs 20 boulbeurte is weens ’n nat buiteveld en swak lig Woensdag op dag drie van die SA A-span se eerste vierdagwedstryd teen Indië se naasbestes in Thiruvananthapuram afgestuur. Dit was 20 beurte wat baie lelik vir die SA A-span geëindig het, nadat hy van 168/5 tot 179/9 ineengestort het.

Wiaan Mulder het naby aan ’n 50-tal gekom op die derde dag van die SA A-span se eerste vierdagwedstryd teen Indië A. Foto: Gallo Images

Heinrich Klaasen (48) en Wiaan Mulder (46) se vennootskap van 74 lopies was saam met Zubayr Hamza se 44 die enigste ligpunt van die Suid-Afrikaners se tweede beurt.

Klaasen en Mulder het die beurt Woensdag op 125/5 hervat en tot 168/5 gevorder, voordat die paaltjies begin val en die Suid-Afrikaners die dag op 179/9 geëindig het.

Nadat die toerspan 164 in sy eerste beurt aangeteken het, het hy nou ’n skamele voorsprong van 40 lopies op die Indiërs se eerstebeurttelling van 303.

Met een paaltjie staande en Lutho Sipamla (5*) en Lungi Ngidi (0*) voor die penne, staan die Protea-naasbestes g’n kans om dié wedstryd te wen nie. Hulle sal moet bid vir reën as hulle die wedstryd onbeslis wil laat eindig.

Hamza, Klaasen, Ngidi, Aiden Markram, Senuran Muthusamy en Dane Piedt is almal lede van sowel die A- as die toetsspan. Swak vertonings teen Indië se naasbestes kan dus ’n sielkundige letsel voor die toetsreeks laat.

Dit is geen verrassing nie dat ’n draaier, Shahbaz Nadeem, die grootse Indiese verwoester is.

Nadeem, ’n linksdraaier, het drie paaltjies vir slegs 17 lopies in 14 beurte in die Suid-Afrikaners se tweede beurt platgetrek. Muthusamy, Khaya Zondo en die jong Marco Jansen, wat die voorste lopiemaker in die eerste beurt was, was Nadeem se slagoffers.

Die kolwers sukkel klaarblyklik om lopies teen die draaier aan te teken, soos wat die suinige 1.21 lopies wat hy gemiddeld per boulbeurt afstaan, bewys.

Nog ’n draaier, Jalaj Saxena, het twee paaltjies – dié van Klaasen en Piedt – geëis.

Telkaart

Meer oor:  Wiaan Mulder  |  Heinrich Klaasen  |  Sa A-Krieketspan  |  Kolfwerk  |  Indië A  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.