Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA jonges kry vierde kaptein in jaar

Suid-Afrika se o.19-krieketspan kry sy vierde kaptein in net meer as ’n jaar wanneer die jonges later vanjaar gasheer speel vir hul eweknieë van Pakistan.

Bryce Parsons trek in 2018 los vir die Suid-Afrikaanse Skolespan. Foto: Gallo Images

Die 18-jarige Bryce Parsons van Gauteng, wat in 2018 die naasmeeste lopies by die jaarlikse Khaya Majola-week aangeteken het, neem die kapteinskap oor by Matthew Montgomery.

Montgomery (18) het die SA o.19’s vroeër vanjaar in Indië aangevoer.

Raynard van Tonder, wat deesdae vir die Knights speel, het Suid-Afrika vroeg in 2018 in die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland gelei. Die paaltjiewagter Wandile Makwetu, wat hom aanstaande seisoen in Bloemfontein aansluit, het SA in 2018 op toer in Engeland aangevoer.

Verskeie spelers wat reeds vir Suid-Afrika se o.19-span diens gedoen het, soos die snelboulers Gerald Coetzee en Achille Cloete, is weer in die span.

Suid-Afrika en Pakistan kom in Junie en Julie in sewe eendagwedstryde in Chatsworth en Pietermaritzburg teen mekaar te staan.

Dit is ter voorbereiding vir 2020 se o.19-Wêreldbeker-toernooi, wat in Suid-Aftika gehou word.

* Suid-Afrika se o.19-groep: Bryce Parsons (k, Gauteng), Luke Beaufort (OP), Jonathan Bird (WP), Achille Cloete (Boland), Gerald Coetzee (VS), Khanya Cotani (NW), Michael Copeland (Gauteng), Andrew Louw (VS), Akeem Minaar (Boland), Lifa Ntanzi (KZN Kus), Imraan Philander (WP), Siya Plaatjie (WP), Ruan Terblanche (Boland), Tiaan van Vuuren (OP), Nonelela Yika (Grens). – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Gerald Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.