Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA krieket begin amptelik op 2 November
Die Protea-kolwer Theunis de Bruyn by ’n oefening van die Titans Woensdag in Centurion. Plaaslike franchises se nuwe seisoen begin op 2 November. Foto: Gallo Images

As deel van Krieket Suid-Afrika se kostebesparingsmaatreëls, wat deur die Covid-19-pandemie genoodsaak is, sal sy franchises se tuiswedstryde in die meerdagreeks in die komende seisoen slegs in die hoofsentra gespeel word.

Die Lions sal byvoorbeeld al hul tuiswedstryde op die Wanderers speel en nie ook in Potchefstroom kragmetings hê nie.

Dié reëling maak dit makliker om Covid-19-maatreëls na te kom en vergemaklik Covid-19-logistiek, omdat die meeste van die spelers in hul franchises se hoofsentra woon.

Die spanne sal wel later in die eendag- en T20-reekse die ander velde ook gebruik.

Nie een van die drie plaaslike kompetisies sal weens die verkorte seisoen ’n volledige dubbelronde hê nie.

Die plaaslike seisoen begin met die meerdagreeks op 2 November. Enkele spelers wat in die komende Indiese Premierliga gaan deelneem, wat nog tot 10 November duur, kan die eerste twee meerdagwedstryde misloop.

Die spanne sal in die vierdagreeks elk sewe wedstryde speel, voor ’n eindstryd, wat oor vyf dae strek.

Die ses franchises sal in twee groepe van drie verdeel word. Die spanne sal soos Netwerk24 vroeër berig het elk ’n tuis- en wegwedstryd teen die ander twee spanne in hul groep speel, sowel as ’n enkele wedstryd teen elke span in die ander groep. Die twee groepwenners sal dan in die eindstryd slaags wees.

Die Titans, Cape Cobras en Warriors is in die een groep en die Knights, Lions en Dolphins in die ander.

Die eerste vier wedstryde in November sal almal op Maandae begin. Die volgende twee – in Desember – op Sondae.

Die eerste vier wedstryde in November sal almal op Maandae begin. Die volgende twee – in Desember – op Sondae, terwyl die sewende ronde van wedstryde én die eindstryd, albei in Februarie, op Donderdae sal begin.

Die plaaslike eendagreeks word in net meer as ’n maand van 8 Januarie tot 13 Februarie voltooi.

Die spanne sal weer in twee groepe verdeel word en sewe ligawedstryde speel voor die halfeindronde en eindstryd, wat almal reserwedae het.

Die Titans is in die eendagreeks saam met die Dolphins en Knights in ’n groep, terwyl die Lions saam met die Cobras en Warriors in die ander groep is.

Die spanne speel in die T20-reeks net een keer teen mekaar. Dié reeks sal op SuperSport uitgesaai word. Dit begin op 12 Maart en eindig met ’n eindstryd op 28 Maart.

Meer besonderhede oor die Covid-19-reëls wat gaan geld, sal mettertyd aangekondig word.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Kompetisie  |  Krieket  |  Ksa  |  Plaaslike Spanne  |  Covid-19  |  Meerdagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.