Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA lopiemasjien mag nou vir Kiwi’s speel
Devon Conway in aksie vir die Wellington Firebirds. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaans gebore kolwer Devon Conway is op koers om vanaf 28 Augustus sy internasionale buiging vir Nieu-Seeland te maak nadat die Internasionale Krieketraad (IKR) sy kiesbaarheid goedgekeur het.

Die IKR het Conway (28) boonop ’n “kwytskelding in buitengewone omstandighede” toegestaan. Dit beteken sou hy vir die Kiwi’s se toer na Bangladesj, wat op 12 Augustus begin, gekies word, hy voor die spertyd in toerwedstryde mag speel.

Daar bestaan egter twyfel oor of die toer sal voortgaan omdat internasionale sport steeds opgeskort is weens die Covid-19-pandemie.

“Ek beleef tans gemengde gevoelens,” sê Conway.

“Uiteraard is ek verheug om die nuus van my kiesbaarheid te hoor, maar met wat tans oor die wêreld heen gebeur, plaas dit dinge in perspektief.”

Die hotklou-kolwer se indrukwekkende vertonings sedert sy eerste verskyning vir die Wellington Firebirds in die 2017-’18-seisoen beteken dit is egter net ’n kwessie van tyd voordat hy sy buiging vir die Kiwi’s maak.

Die Firebirds het die plaaslike T20-titel in Januarie beklink en was ook hierdie seisoen baas in die Plunket Shield-reeks. Conway was die voorste lopievraat in albei kompetisies, met onderskeidelik 543 lopies (teen ’n gemiddeld van 67,87) en 701 lopies.

Sy beste vertoning was die onoorwonne 327 wat hy in Oktober teen Canterbury gemoker het.

– Reuters

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.