Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA naasbestes behaal sege in Harare
Daryn Dupavillon het agt paaltjies laat kantel in Suid-Afrika A se vierdagstryd teen Zimbabwe se naasbestes. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse A-krieketspan het sy spiere gebult en met ’n beurt en 166 lopies oor Zimbabwe se naasbestes in die eerste van twee vierdagwedstryde in Harare geseëvier.

Die tuisspan is Donderdag vir net 93 lopies in sy tweede beurt uitgeknikker.

Zimbabwe het die laaste dag met sy telling op 22/2 begin.

Glenton Stuurman (3/18) het die laaste drie paaltjies laat kantel om hom by sy aanvangsmaat Daryn Dupavillon (3/28) aan te sluit, wat ook drie paaltjies ingeoes het om met agt in die wedstryd te eindig.

Die twee aflosboulers Migael Pretorius (2/10) en Lutho Sipamla (2/23) het elk twee paaltjies geneem.

Timycen Maruma (33) het vir die tuisspan die beste met die kolf gevaar, volgens ESPNcricinfo.com.

Suid-Afrika het vroeër ’n stewige 603/4 in sy eerste beurt aangeteken in antwoord op die tuisspan se 344.

Die laaste vierdagwedstryd begin Sondag. – Sportredaksie

Meer oor:  Glenton Stuurman  |  Daryn Dupavillon  |  Zimbabwe  |  Harare  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Toer  |  Sa A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.