Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Suid-Afrikaanse spelers blink in Engeland

Twee Suid-Afrikaners, David Bedingham en Simon Harmer, is tans onderskeidelik die voorste kolwer en bouler in die Engelse meerdagkrieketreeks.

Simon Harmer. Foto: Getty Images

Bedingham van Durham het reeds 624 lopies teen ’n gemiddeld van 89.14 aangeteken met twee honderdtalle en twee vyftigtalle in vyf wedstryde.

Kiran Carlson van Glamorgan se 552 lopies in ses wedstryde is die tweede meeste.

Die 27-jarige Bedingham is die komende seisoen vir die Westelike Provinsie beskikbaar.

Die 34 paaltjies van die draaibouler Harmer van Essex is tans die meeste in die graafskapkampioenskap.

Sy 9/80 in sy laaste wedstryd in Derbyshire se eerste beurt op Chelmsford was sy beste boulontleding tot dusver.

Hy is voortaan vir die Titans in Suid-Afrika beskikbaar.

Craig Overton van Somerset het met een wedstryd minder as Harmer, reeds 32 paaltjies laat kantel. – Sportredaksie, espncricinfo.com

Meer oor:  Krieket  |  David Bedingham  |  Simon Harmer  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.