Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA vroue maak skoonskip teen Tiere

Hoewel die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan nie ’n enkele wedstryd in sy vyf eendagstryde teen Bangladesj verloor het nie, sal hy nie tevrede voel oor die feit dat een van die Tiere se kolwers met die hoogste telling in dié reeks spog nie.

Die Proteas het met 5-0 skoonskip gemaak danksy hul sege van ses paaltjies in die laaste wedstryd Maandag in Bloemfontein.

Die Tiere se kaptein, Rumana Ahmed, se 74 van 123 balle op die Mangaung Oval was egter die hoogste telling deur ’n kolwer in die reeks.

Laura WolvaardtFoto: Gallo Images
Marizanne Kapp, aanvangsbouler van Suid-Afrika.Foto: Gallo Images

Ofskoon die toerspan vyf paaltjies in die laaste vier boulbeurte van sy kolfbeurt verloor het, was sy 166/9 ook sy beste vertoning met die kolf in die vyf kragmetings.

Suid-Afrika (169/4) het dit met die aanvangskolwer Laura Wolvaardt aan die voorpunt in 35 beurte oortref.

Dié tiener was onoorwonne op 70 van 96 balle toe sy die wedstryd met haar sewende vier beklink het.

Sy het die hoogste telling deur ’n Suid-Afrikaner in die reeks daarmee geëwenaar. Haar aanvangsmaat, Lizelle Lee, het ook soveel in die vorige wedstryd in Kimberley gemoker.

Dit het gelyk of Bangladesj ’n vierde keer vir minder as 100 uitgeboul gaan word toe hy op 23/3 gewankel het.

Ahmed en die aanvangskolwer Shamima Sultana (53) het met 85 om die vierde paaltjie effens lyf aan die totaal gegee.

Die tuisspan se aanvangsboulers, Shabnim Ismail (3/17) en Marizanne Kapp (2/21), was verantwoordelik vir die vroeë skade.

Die tuisspan se aanvangsboulers, Shabnim Ismail (3/17) en Marizanne Kapp (2/21), was verantwoordelik vir die vroeë skade en het die beste met die bal vir die wenspan gevaar.

Die spanne se eerste T20-wedstryd word Donderdag in Kimberley beslis.

Meer oor:  Laura Wolvaardt  |  Marizanne Kapp  |  Krieket  |  Vrouekrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.