Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Saca sal nét met Faul praat, nie met res

Die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) het sy aandrang Vrydag dat die direkteure van Krieket Suid-Afrika moet bedank, Maandag herhaal.

Saca sê in verklaring baie dinge het onder die oë van die direkteure gebeur. Hulle het van baie geweet en sommige daarvan self gesteun.

Tony Irish. Foto: Gallo Images

Saca sê onder meer daar was berigte van onbeheerste besteding deur personeel en dat daar erken is dat ’n forensiese oudit nodig is.

Volgens die verklaring was daar die een skorsing na die ander van KSA-personeel, terwyl van die direkteure wat wel bedank het, finansiële- en bestuurskwessies daarvoor genoem het. Boonop het krieket sy grootste borgskap verloor.

“Ons is verstom dat die raad van direkteure wat midde die onstuimige tyd toe dit alles gebeur het aan die stuur was, nou weier om verantwoordelikheid te neem vir die diepe, diepe krisis waarin die spel hom bevind,” sê Tony

Irish, uitvoerende hoof van Saca.

Hy sê die direkteure blyk dit almal eens te wees oor die uitvoerende hoof Thabang Moroe se skorsing. Maar volgens hulle is dit net hy wat verantwoordelik gehou moet word.

Irish sê dat daar so desperaat vasgeklou word aan mag, is vir hom kommerwekkend.

“Die president en ander direkteure van die raad het inderdaad net soos die uitvoerende hoof die bekommernisse van Saca vir maande geïgnoreer.

“Formele en gedetailleerde briewe wat maande terug dateer, is nie net aan die uitvoerende hoof gestuur nie, maar ook aan die president en voorsitter van die finansiële komitee.

“Geen antwoorde op die briewe is ooit ontvang nie. Dit het gebeur lank voordat Saca sy hofsaak gemaak het.”

Die president en ander direkteure van die raad het inderdaad net soos die uitvoerende hoof die bekommernisse van Saca vir maande geïgnoreer.
Tony Irish

Irish sê Saca se hofaansoek was aan die einde van

Mei en dat KSA gesloer het en eers in November daarop geantwoord het.

“Daar was in Augustus 2019 ’n kans om die hofsaak en die kwessie om die plaaslike herstrukturering by te lê en om na die finansiële bekommernisse te kyk.”

Hy wys daarop die KSA-president, Chris Nenzani, vise-president, Beresford Williams, sowel as die voorsitter van die finanskomitee en die oudit- en risikokomitee –

almal direkteure van die raad – was toe betrokke.

Irish sê Saca is bereid om met die waarnemende uitvoerende hoof Jacques Faul te beraadslaag, maar sal nie met ’n paneel onderhandel wat uit van die direkteure bestaan nie.

Hy het sy hoop uitgespreek dat Faul intussen ’n baie bekwame direkteur van krieket aanstel sodat hy kan begin om die beste professionele struktuur vir die Proteas daar te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.