Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Saca sê spelers sal nie tydens toer staak

Die moontlikheid dat krieketspelers binnekort kan staak, is nie uitgesluit nie, sê die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) – maar nie terwyl Engeland hier toer nie.

Mohammed Moosajee, voormalige spanbestuurder van die Proteas, skaar hom ook voortaan by die spelersvereniging.

Tony Irish. Foto: Gallo Images

Saca dring ook aan dat die hele raad van direkteure van Krieket Suid-Afrika (KSA) moet bedank.

Saca het ook die beheerliggaam se uitvoerende hoof, Thabang Moroe, se kop geëis, voor hy toe wel Vrydagoggend voorwaardelik geskors is.

Die besluite deur Saca is Vrydag op sy vergadering in Kaapstad geneem.

Die vereniging het ná die vergadering gesê ’n tussentydse komitee moet aangestel word om na die bedrywighede van die KSA-raad om te sien totdat ’n nuwe raad gekies word.

Saca vra ook dat ’n bevoegde waarnemende hoof aangestel word in die plek van die geskorste Moroe.

Hy vereis ook dat ’n onafhanklike ondersoek na die afgelope 24 maande gedoen moet word om vas te stel hoe die krisis in SA krieket ontstaan het en wie daarvoor verantwoordelik is.

Tony Irish, uitvoerende hoof van Saca, sê in die vereniging se verklaring prontuit dis “uiters swak leierskap” wat die spel in dié rampspoedige posisie gekry het.

“Dis duidelik daar is geen vertroue in KSA se raad nie. Niemand op die raad kan sê dat hy of sy nie bewus was van wat ten minste in die laaste jaar ontvou het nie.”

Saca vra ook die volgende:

*’n volle hersiening van KSA se finansiële posisie en ’n oudit om te bepaal hoe geld oor die laaste twee jaar bestee is.

*die onmiddellike herroeping van die KSA-besluit om plaaslike krieket te herstruktureer. Saca het KSA vroeër hof toe gesleep hieroor en aangevoer die beheerliggaam het dit om politieke redes gedoen.

*dat KSA sal hou by die ooreenkomste wat hy met die vereniging gesluit het.

Op die vergadering is die volgende besluite ook geneem:

*’n Staking of protesaksie deur spelers sal slegs as ’n laaste uitweg oorweeg word. Irish het beloof niks van dié aard sal tydens die komende toer van Engeland gebeur nie.

*Andrew Breetzke, regsman van Saca sedert 2012, gaan die leisels oorneem by Irish.

Irish groet aan die einde van die maand, ná 17 jaar, om hom by Engeland en Wallis se Spelersvereniging aan te sluit.

Moosajee is in Saca se bestuursraad aangestel en David Becker is nou die vereniging se regsman, nadat hy in dié hoedanigheid by die Internasionale Krieketraad betrokke was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.