Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Saca: Spelers mág standpunt inneem

Die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) sê krieketspelers het die reg om sosiale en politieke standpunte in te neem.

Andrew Breetzke, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging. Foto: Gallo Images

Dít volg nadat die Protea-naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek sy steun aan die Black Lives Matter (BLM)-beweging uitgespreek het.

Andrew Breetzke, Saca se uitvoerende hoof, sê hulle het vandeesweek in ’n gesprek met spelers die kwessie aangeraak en hulle daarop gewys dat hulle respek vir mekaar se regte moet hê.

Saca het Woensdag ’n vergadering gehad waarop die kapteins van die land se spanne teenwoordig was. Die uiteinde is dat elkeen op sy eie mening geregtig is.

“Die spelers kom volgende week voor die Solidarity Cup-driespan-wedstryd (3TC) bymekaar, waar hulle dit sal bespreek,” sê Breetzke.

Die drie spanne wat in die Solidarity Cup-wedstryd gaan speel, sal volgens ESPNcricinfo.com nie met ’n BLM-logo of enige inskrywing op hulle klere speel, soos wat in die eerste toets tussen die Engeland en die Wes-Indiese Eilande gesien is nie. Engeland en die Windies speel elk met ’n BLM-kenteken in hul hempskrae.

Die Windie-kaptein, Jason Holder, wys na die Black Lives Matter-kenteken op sy kraag. Foto: Getty Images

Die spelers, en selfs die skeidsregters, het ook op die eerste dag voordat spel begin het, gekniel om hul solidariteit met die beweging te betuig. Spelers van die Windies het ook elk ’n swart handskoen aangehad, wat hulle in ’n vuis omhoog gehou het terwyl hulle gekniel het.

Graeme Smith, Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, het aan cricinfo gesê die klere vir die Solidarity Cup-wedstryd is reeds drukkers toe. Hulle sal verskeie maniere bespreek hoe hulle dit nou kan behartig om die boodskap oor te dra.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het in die verlede opgetree teen spelers wat standpunte gemaak het wat polities beskou kon word.

Die IKR het egter verlede maand gesê hy sal nou ’n “gesondeverstand-benadering” volg met spelers wat ’n ideaal van meer gelykheid daarmee voorstaan.

Meer oor:  Solidarity Cup  |  Saca  |  Blm-Logo  |  Andrew Breetzke  |  Black Lives Matter  |  Proteas  |  3-Span-Krieket  |  Lungi Ngidi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.