Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Second help Knights tot 1ste sege

Die Knights het met Rudi Second, wat mooi kop gehou het terwyl dit paaltjies gereën het, hul eerste sege in die plaaslike eendagreeks teen die Warriors Vrydag in Oos-Londen behaal.

Mnr. Betroubaar soos Second al telkens genoem is, se 71 van 70 balle was deurslaggewend in die Knights se sege met vyf paaltjies op ’n dag waarop die kolwers kwaai gesukkel het.

Ottniel Baartman. Foto: Gallo Images

Nadat die Warriors vir net 121 uitgeknikker is, het dit gelyk of die Knights-kolwers ook kreeftegang gaan.

Second het op 13/3 opgestap.

Die kaptein Pite van Biljon, wat vroeg in sy kolfbeurt oorleef het, het ’n ruk saam met die buksie vasgeskop.

Die vertrek van die kaptein vir 18 en Grant Mokoena (1) met agtereenvolgende aflewerings van Sisanda Magala (2/26) het die tuisspan op 55/5 opnuut hoop gegee.

Second en die immergroen Ryan McLaren (18*) se onoorwonne vennootskap van 67 het die Knights wat ’n paar keer ongelukkig was om nie te wen nie die keer met ’n bonuspunt laat seëvier.

Dit is hul eerste sege in sewe wedstryde waarvan twee uitgereën het.

Die 29-jarige Second wat sy loopbaan volgende seisoen by die einste Warriors kan voortsit, is welverdiend as Speler van die Wedstryd vereer.

Die Warriors het vroeër op 31/1 binne 19 balle tot op 34/5 gesteier nadat hulle ingestuur is om te kolf.

Die aanvangsboulers Marchant de Lange (3/18) en Ottniel Baartman (3/32) het die grootste skade met die bal aangerig, terwyl die veelsydige McLaren 2/19 laat kantel het.

Marco Marais het die tuisspan se kolfbeurt effens aansien gegee met sy aanvallende kolfbeurt van 42 van 36 balle wat vier sesse ingesluit het.

Telkaart

Meer oor:  Eendagbeker  |  Warriors  |  Rudi Second  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.