Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Seksistiese opmerkings kry Indiërs in sop

Twee Indiese krieketspelers, KL Rahul en Hardik Pandya, het hulself ’n skorsing op die lyf geloop ná hul opmerkings oor vroue.

Hardik Pandya in aksie in die onlangse toetsreeks tussen Indië en Australië. Foto: Getty Images

Die opmerkings wat as seksisties en onvanpas beskou word, wat die twee die afgelope week in ’n televisieprogram gemaak het, het die Indiese Krieketraad (BCCI) genoop om hulle te skors.

Dit is steeds onbekend hoe lank hul skorsing is, maar die twee is reeds terug Indië gestuur toe om daar aan 'n tugverhoor onderwerp te word. Dit lyk of hulle minstens die eendagreeks wat Saterdag teen Australië begin het en die toer na Nieu-Seeland gaan misloop.

Pandya (25), ’n snelbouler, het na bewering in die program gespog oor al sy “sukses” met verskeie vroue, volgens The Guardian.

Hy het later verskoning vir sy optrede gevra, maar daar is steeds besluit om hom en Rahul aan te kla van wangedrag.

Dit lyk of die twee ook aan hul sakke die gevolg van hul optrede sal voel, nadat van hul borge reeds besluit het om hul verbintenis met die twee op te skort.

Gillette, ’n vervaardiger van skeermesse en skeerbenodigdhede, het reeds sy kontrak met Pandya gekanselleer, aldus The Times of India.

Op Twitter is daar diegene wat Rahul en Pandya se optrede goedkeur en diegene wat dit veroordeel.

Virat Kohli, kaptein van Indië, sê die twee se opmerkings dra nie die goedkeuring van hul spanmaats weg nie.

“Dit is die menings van individue. Ons as span ondersteun beslis nie sulke sienings nie.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  India  |  Virat Kohli  |  Hardik Pandya  |  Australia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.