Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Paine vir Tim ná sy beursie verdwyn
Tim Paine / Foto: Getty Images

Tim Paine, kaptein van Australië se krieketspan, se beursie is gesteel toe daar by sy motor ingebreek is terwyl hy tydens self-afsondering ’n gimnasium in sy motorhuis opgestel het.

Die paaltjiewagter poog soos baie ander sportlui om sy fiksheid te behou terwyl die Covid-19-pandemie mense tot hul huise beperk.

Stuff berig Paine het sy motor buite in die straat parkeer om plek te maak vir sy projek, kompleet met ’n bal wat in ’n kous hang “om aan sy dryfhou te skaaf”.

Maar hy was uit die veld geslaan toe hy Dinsdag wakker word.

“Ek beleef ’n bietjie teëspoed, want ek het my motor in die straat parkeer en toe ek vanoggend wakker word, was daar ’n boodskap op my selfoon dat my kredietkaart gebruik is,” sê Paine.

“Ek het uitgestap en die motordeur het oopgestaan en my beursie was skoonveld.”

Die koronavirus het wêreldwyd vir eers ’n stokkie gesteek voor mededingende krieket.

Hoewel twyfel bestaan of die Aussies se toere na Bangladesj en Engeland in Junie en Julie sal voortgaan, is Krieket Australië vol vertroue hy sal steeds die T20-Wêreldbekertoernooi in Oktober aanbied.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  T20  |  Toetskrieket  |  Tim Paine  |  Eendagkrieket  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.