Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Shadley bly besig in Seattle, Amerika
Shadley van Schalkwyk Foto: Gallo Images

Die gewese Knights-naatbouler Shadley van Schalkwyk beoog om ’n nuwe loopbaan in Amerika uit te kap.

Die 31-jarige Van Schalkwyk het gedurende die plaaslike eendagreeks ’n kontrak as speler/afrigter by Seattle in die VSA beklink.

Hoewel die Covid-19-pandemie nie lank ná sy aankoms nie alles tot stilstand gebring het, is Van Schalkwyk geensins ledig nie.

Hy hou hom besig met verskeie kursusse vir die pad vorentoe.

Hy bied in smiddae ook aanlyn afrigting aan vir kinders van die Willow Cricket Academy Seattle.

Van Schalkwyk mis sy vrou, Anzél, en sy jarelange kameraderie van sy spanmaats in Bloemfontein.

“My vrou se visum-afspraak was net nadat pres. Cyril Ramaphosa die inperking in Suid-Afrika aangekondig het. Haar is afspraak is uitgestel en intussen weer aangeskuif.”

Hy het darem twee huismaats by sy blyplek oorkant die Microsoft-gebou.

“Dis ’n opwindende reis tot dusver, maar ek gaan nie jok nie, ek mis almal by die huis.

“Dis nogal vreemd om nie in ’n spanomgewing te wees nie. Dit was vir meer as 12 jaar deel van my lewe. Dit is iets nuuts, maar ek geniet dit.”

Van Schalkwyk sê daar gaan later nog ’n Suid-Afrikaanse krieketspeler by hom aansluit wie se naam hy nog nie kan bekend maak nie.

Meer oor:  Vsa  |  Knights  |  Kontrak  |  Krieket  |  Eendagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.