Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Shahbaz: ‘Geen plan beste plan teen AB’

Boulers tob al baie jare oor hoe om een van die wêreld se mees gevreesde en onvoorspelbare kolwers, AB de Villiers, terug kleedkamer toe te stuur, maar die Sunrisers Hyderabad se Shahbaz Nadeem glo hy het uiteindelik die oplossing gekry.

Shahbaz Nadeem gedurende die Sunrisers Hyderabad se kragmeting met die Royal Challengers Bangalore. Foto: IPL

Sy plan: Jy kan geen plan maak wanneer jy aflewerings na De Villiers moet stuur nie.

So het Nadeem gesê nadat hy Saterdag die paaltjie van die Suid-Afrikaner laat tuimel het in sy span se oorwinning oor die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga (IPL).

“Die plan as jy na AB de Villiers boul is om geen plan te hê nie,” het Nadeem gesê in ’n video wat sy spanmaat en naatbouler Sandeep Sharma op die IPL se webblad geplaas het.

“Hy speel elke dag anders, so daar is geen punt daarin om vooruit te probeer beplan nie.”

Nadat De Villiers terug kleedkamer toe gestuur is, het die Royal Challengers ’n ineenstorting beleef waartydens hy van 71/3 tot net 120/7 in sy 20 boulbeurte beperk is.

“Teen die tyd dat ek hom uitgekry het, het hy my reeds vir ’n ses gemoker in dieselfde boulbeurt. Gelukkig het die bal daarna direk tot by die dekpunt op die grens gevlieg,” het hy gesê.

“Dit was ’n groot paaltjie vir ons. Ná De Villiers se paaltjie het dit vir ons maklik geraak om in die laaste boulbeurte te boul.”

Die Sunrisers Hyderabad het eindelik die wedstryd met vyf paaltjies beklink en sodoende ’n groot hupstoot aan hulself gegee in die wedloop tot die uitspeelstryde. – Sportredaksie, cricket.yahoo.net

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.