Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Shamsi, Bavuma nuwe spanne se Protea-ikone

Die Paarl Rocks, verlede jaar se kampioenspan in die Mzansi-superliga, is sy voorste bouler kwyt.

Tabraiz Shamsi in aksie vir die Paarl Rocks Foto: Gallo Images

Na wat verneem word, gaan die goëlbalbouler Tabraiz Shamsi vanjaar vir die Knights in die nuwe Mzansi-reeks speel.

Die Knights van die sentrale streek en ’n franchise van Oos-Londen is die twee nuwe krieketspanne in die vergrote T20-reeks wat vir einde November beplan word.

Die 30-jarige Shamsi het in die eerste twee seisoene van die Mzansi-superliga vir die Paarl Rocks gespeel.

Sy 16 paaltjies in tien wedstryde verlede jaar was die tweede meeste ná die 17 van Imran Tahir, wat dit in ’n wedstryd meer vermag het.

Die nasionale kolwer Temba Bavuma sal glo die City Bears van Oos-Londen se Protea-ikoon wees. Hy het die Jozi Stars verlede jaar aangevoer.

Drie van verlede jaar ses franchises het hul Protea-sterre behou.

Faf du Plessis bly by die Paarl Rocks, terwyl Kagiso Rabada deur die Lions (voorheen Jozi Stars) en David Miller deur die Dolphins (voorheen Durban Heat) behou is.

Die Cape Town Blitz se Quinton de Kock gaan glo vir die Titans (voorheen Tshwane Spartans) speel.

Die snelbouler Lungi Ngidi, wat verlede jaar vir die Tshwane Spartans gespeel het, is vir Cape Town Blitz beskikbaar.

Nóg ’n snelbouler Anrich Nortjé skuif van die Cape Town Blitz na die Nelson Mandela Bay Giants.

Die agt spanne sal later met die spelertrekking elk ’n tweede gekontrakteerde Protea tot hul beskikking hê.

Hoewel Krieket Suid-Afrika (KSA) die reeks nog amptelik moet aankondig, word hard agter die skerms gewerk om dit op die been te kry.

KSA se waarnemende uitvoerende hoof, Jacques Faul, het vroeër gesê hulle sal probeer om voor toeskouers te speel, al is dit net voor ’n beperkte aantal.

Meer oor:  Tabraiz Shamsi  |  Temba Bavuma  |  Knights  |  Mzansi-Superliga  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.