Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Shamsi het 2 wedstryde om te oortuig
Tabraiz ShamsiFoto: Gallo Images

Tabraiz Shamsi se gesukkel in die laaste twee krieketwedstryde teen Zimbabwe kan Keshav Maharaj se kans om 2019 se Wêreldbeker-groep te haal ’n hupstoot gee.

Suid-Afrika pak sy buurman Vrydag in die tweede T20-stryd in Potchefstroom. Hy is met 1-0 voor in die reeks ná sy oorwinning met 34 lopies Dinsdag in Oos-Londen.

Met Imran Tahir wat so te sê klaar sy plek in die groep bespreek het, is daar waarskynlik ’n tweestryd tussen Maharaj en Shamsi vir die plek van die tweede spesialisdraaier in die groep. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Proteas drie draaiers sal kies.

Keshav Maharaj. (Foto: Gallo Images)

Shamsi het sy neus voor Maharaj gehad ná sy skitterende spel verlede seisoen waar hy as Speler van die Reeks in die eendag- én T20-reekse aangewys is. Hy het dit opgevolg met goeie vertonings in die reeks in Sri Lanka.

Shamsi het verlede Saterdag kwaai deurgeloop in die derde eendagstryd teen Zimbabwe in die Paarl waar hy 72 lopies afgestaan het. Hy is in die eerste T20-stryd weer gestraf. Daar is vier sesse gemoker in sy vertoning van 0/43 in sy vier beurte.

Shamsi was effe ongelukkig in die Paarl. Hy het beter geboul as wat sy syfers gewys het en het ’n hele paar keer die buiterand van die kolf geklop. Hy was wisselvallig en het by tye te kort geboul.

Shamsi is ook in die moeilikheid aangesien Maharaj ’n meer veelsydige speler as hy is. Die Proteas se toetsdraaier is ’n beter kolwer en veldwerker as die gewrigdraaier.

Faf du Plessis, SA kaptein, het voor die wedstryd in die Paarl erken hy is effe bekommerd oor die kolfvermoë van sy eindkolwers. Maharaj se kolfvermoë sal beslis in sy guns tel.

Vrydag se wedstryd en Sondag se laaste wedstryd in Benoni is dus kanse vir Shamsi om die keurders te beïndruk.

Die Proteas vertrek op 23 Oktober na Australië vir ’n reeks van drie eendagwedstryde. Dit sal insiggewend wees om te sien wie van Shamsi of Maharaj die toer sal meemaak.

Die Proteas vertrek op 23 Oktober na Australië vir ’n reeks van drie eendagwedstryde. Dit sal insiggewend wees om te sien wie van Shamsi of Maharaj die toer sal meemaak.

Die T20-wedstryde is ook nog ’n kans vir Quinton de Kock om sy beste peil te herwin. Die aanvangskolwer het weer na sy ou self begin lyk in die eendagwedstryde in Sri Lanka, maar sy laaste honderdtal in die kitsreeks was die onoorwonne 168 byna presies ’n jaar gelede teen Bangladesj in Kimberley.

Vrydag se wedstryd begin om 18:00 (SS 2, SABC 3).

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Tabraiz Shamsi  |  Paarl  |  Wereldbeker-Toernooi  |  Krieket  |  T20-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.