Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sharma kry steun as Indië se T20-kaptein

Indië behoort die idee van verdeelde kapteinskap aan te gryp en Rohit Sharma die kans te gee om die land se T20-krieketspan te lei.

Dit is die mening van verskeie voormalige topspelers nadat Sharma die Mumbai Indians Dinsdagaand tot ’n vyfde Indiese Premierliga-titel gelei het.

Voormalige internasionale spelers glo Rohit Sharma moet die nasionale span se T20-kapteinskap oorneem. Foto: Getty Images

Virat Kohli is Indië se kapein in alle weergawes van die spel met Sharma wat gewoonlik in die korter krieket as sy onderkaptein optree.

Sharma het in die eindstryd teen die Delhi Capitals ’n aanskoulike 68 lopies aangeteken om sodoende die Indians se plek as die IPL se suksesvolste span te help verstewig.

Kohli se span, die Royal Challengers Bangalore, kon in 13 seisoene nog nie ’n IPL-titel wen nie en is hierdie keer in die uitspeelrondes uitgeskakel.

“As Rohit Sharma nie Indië se kaptein word nie, is dit hul verlies, nie Rohit s’n nie,” het die voormalige toets-aanvangskolwer Gautam Gambhir aan die ESPNcricinfo-webtuiste gesê.

“Rohit het vyf IPL-titels gewen, hy is die suksesvolste kaptein in die geskiedenis van die toernooi.

“Dit sal ’n skande wees as hy nie as die witbal-kaptein aangestel word nie, want daar is niks wat Rohit meer kan doen nie.”

Vir my staan Sharma as ’n leier in T20-krieket uit.
Gautam Gambhir

Gambhir, wat die Kolkata Knight Riders na twee IPL-titels gelei het, sê Sharma is ’n aansienlik beter kaptein as Kohli in die korter formaat.

“Waarom kan jy nie die kapteinskap verdeel nie? Dis nie ’n slegte idee nie,” sê Gambhir.

“Ek suggereer nie dat Kohli ’n slegte kaptein is nie, maar albei spelers het dieselfde platform en jy kan sien wie is die beste. Vir my staan Sharma as ’n leier in T20-krieket uit.”

Die voormalige Engelse kaptein Michael Vaughan meen dit sal Kohli se werklading aansienlik verlig indien Sharma kaptein van Indië se T20-span word.

“Ek glo dat dit waarskynlik vir die Indiese span voordelig sal wees as Sharma kaptein van die T20-span gemaak word,” het Vaughan aan die Cricbuzz se webtuiste gesê.

“Virat Kohli is bomenslik. As hy die kapteinskap van die T20-span opgee, is hy nog steeds die leier van Indië in wedstryde oor 50 boulbeurte en in die toetse.”

Virender Sehwag, nog ’n voormalige aanvangskolwer van die Indiese span, het Sharma op Twitter as die “beste kaptein in die T20-formaat” beskryf. - Reuters

Meer oor:  Rohit Sharma  |  Krieket  |  Indië  |  T20  |  Ipl  |  Indiese Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.