Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Giants wil nie voet van versneller haal

Eric Simons, die afrigter van die Nelson Mandela Bay Giants, is oortuig sy span se stewige begin in die Mzansi-superliga (MSL), gaan van min waarde wees as hulle nie die momentum van die eerste drie kragmetings volhou nie.

Dié span van die Oos-Kaap is tweede op die puntelys en kom Woensdag teen die voorloper, die Cape Town Blitz, op St. Georgespark in Port Elizabeth te staan.

Ben Dunk is die Giants se voorste kolwer in vanjaar se Mzansi-superliga. Foto: Getty Images

Die Giants het nou reeds twee keer met die Jozi Stars afgereken en was ook in beheer van hul stryd teen die Tshwane Spartans toe reën die laaste sê gehad het.

“Dit is goed om so stewig te kon begin, maar dit is nog vroeg in die reeks en daar is ’n lang pad om te loop,” sê Simons, ’n voormalige afrigter van die Proteas.

“Dit is so dat enige span vir enigeen in hierdie reeks kan klop en daarom maak dit nie regtig saak waar jy op die punteleer is nie. Daar is nie so iets soos ’n swak span in hierdie reeks nie,” sê hy.

Wat is die sleutel tot hul sukses?

Die boulwerk is goed met Junior Dala, Imran Tahir en Chris Morris tussen die voorste boulers. Die Engelsman Ben Dunk is hul voorste kolwer, maar volgens Simons gaan dit alles oor momentum in hierdie reeks.

“Dit is ’n woord waaroor ons dikwels praat. Soms kom jy in ’n posisie waar jy nie weet hoe jy die volgende wedstryd gaan wen nie en vir ander spanne is dit dan weer net die een sege ná die ander.

“Dit is belangrik dat ons verstaan hoekom ons wen en verbeter op die dinge wat ons goed doen,” sê hy.

Meer oor:  Krieket  |  Msl  |  Giants  |  Ben Dunk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.