Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sipamla lek sy lippe vir Hoëveld-blaaie

’n Groenmamba met ’n oorvloed vaart en wip, in ’n stadion wat sommige kolwers se broeke laat bewe as hulle slegs die naam hoor . . .

Dit klink mos na die snelboulershemel. En dit is presies hoe Lutho Sipamla daaroor gedink het toe hy besluit het om die Warriors vir die Lions te verruil.

Lutho Sipamla teen die Aussies in aksie. Hy sluit hom van die Warriors by die Lions aan. Foto: Gallo Images

Die Wanderers sal van die komende seisoen af die 21-jarige Protea-snelbouler se nuwe tuiste wees.

“My besluit om te skuif was suiwer om krieketredes. As ’n snelbouler wil jy altyd in die Hoëveld boul; die toestande is uitgeknip vir ons,” het Sipamla Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Die Lions het ’n indrukwekkende gros naatboulers byeen vir die komende seisoen: Sisanda Magala, Malusi Siboto, Tladi Bokako en die Proteas Wiaan Mulder, Dwaine Pretorius, Beuran Hendricks, Sipamla en natuurlik Kagiso Rabada.

Die geleentheid om by Rabada te leer, het ook ’n groot invloed op sy besluit gehad.

“Die doelwit is om by KG te leer. Maar ek wil ook by al die ander ervare boulers soos Malusi en Dwaine en Beuran leer. Ek sien dit as ’n kans om te groei as ’n speler.”

Sipamla is nog bloedjonk, maar het reeds vier eendagwedstryde en vyf T20-wedstryde vir die Proteas gespeel. Hy was ’n lid van die groep in die onlangse witbalreekse teen Australië en Engeland.

“Die doelwit is om vir so lank as moontlik internasionale krieket te speel en om ’n indruk op daardie pak te maak. Ek het baie verbeter en tyd saam met Charl Langeveldt (boulafrigter) deurgebring. Ons kom goed oor die weg en daar heers ’n positiewe kultuur by die Proteas.”

Hy wil daaraan werk om so bestendig as moontlik goeie vertonings te lewer.

“Ek sien dit as ’n sterkpunt van my om akkuraat en met beheer te boul en om die toestande so gou as moontlik op te som en daarby aan te pas.

“Ek kan nog daaraan werk om my vaart bestendig vinnig te hou,” sê Sipamla.

Meer oor:  Lions  |  Krieket  |  Lutho Sipamla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.