Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Skrywers sê Moroe praat nie waarheid

Krieketskrywers wie se akkreditasie tydelik teruggetrek is deur Krieket Suid-Afrika (KSA), sê dis onwaar dat hulle ooit deur dié KSA gevra is om met hom te vergader, maar geweier het, soos Thabang Moroe, uitvoerende hoof, nou beweer.

Thabang Moroe. Foto: Gallo Images

Moroe het Maandagoggend in ’n radio-onderhoud op 702 gesê dit is waarom hul akkreditasie teruggetrek is.

Van die “kritiese skrywers” moes Sondag tussen die toeskouers sit en werk met die Mzansi-superliga omdat hulle die mediabank verbied is.

“Hul toegang is teruggetrek omdat ons verskeie kere probeer het om met hulle te vergader, sodat ons kan sê ouens, ons is nie gelukkig met die manier waarop julle ons in die publiek verteenwoordig nie,” het Moroe in die onderhoud gesê.

Twee van die vyf skrywers sê dis ’n leuen, hulle is nooit deur KSA gevra om te vergader nie.

Moroe val ’n paar keer rond met sy woorde in die onderhoud waarin hy behoorlik geroskam word.

Hy ontken hulle probeer om die skrywers stil te maak.

“Ons maak nie joernaliste stil nie, glad nie. Ons het begin om met hierdie joernaliste en hul redakteurs in gesprek te tree om ’n gemeenskaplike manier te vind oor hoe daar oor krieket verslag gedoen moet word.

“Een van die probleme wat ons het, is dat ons nie die geleentheid kry om kommentaar oor die sake van KSA te lewer nie,” sê Moroe.

Hy sê van die berigte het misleidende en misplaaste feite bevat.

“Ons het nie rêrig ’n probleem met mense wat ons kritiseer nie, trouens ons verwelkom die kritiek, maar gee ons die geleentheid om saam met julle te vergader en deur watter bewyse julle het, wat julle dink feite is, te gaan sodat ons julle kan vertel waar ons met die saak staan.

“Dis glad nie ’n geval van ons wat joernaliste wil stilmaak nie. Joernaliste is nie ons vyande nie, want die sport het joernaliste nodig om te floreer.

* KSA se uitvoerende raad het intussen in ’n verklaring gesê hy neem kennis van die toedrag van sake in die media.

“Ons erken die erns van die huidige stemming teenoor ons handelsnaam.”

Hulle beplan om die huidige situasie in die media volledig aan te spreek. Hulle is verbind daartoe om met die redakteurs van die onderskeie koerante te vergader om die huidige dooiepunt op te los.

Meer oor:  Joernaliste  |  Krieketskrywers  |  Ksa  |  Thabang Moroe  |  Akkreditasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.