Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Aussie-regering het bloed aan hande’

Die voormalige toetsspeler en krieketkommentator Michael Slater is woedend oor die Australiese regering se besluit om sy burgers in Indië, waar die Covid-19-pandemie handuit ruk, tydelik te verbied om huiswaarts te keer.

Michael Slater is nie beïndruk met Australië se reisverbod nie. Foto: Getty Images

Slater, ’n aanvangskolwer wat 74 toetse vir sy land gespeel het, sê Scott Morrison, Australiese premier, het “bloed aan sy hande”.

Dosyne Aussie-spelers, -afrigters en -beamptes is steeds in Indië, waar hulle by die Indiese Premierliga (IPL) betrokke is. Dié toernooi is Dinsdag ná volgehoue druk vir eers opgeskort.

Reisigers vanaf Indië word tot en met 15 Mei verbied. Diegene wat dié verbod probeer omseil, kan beboet word en tronkstraf kry.

“As die regering omgegee het oor die veiligheid van Aussies, sou hy ons toegelaat het om huiswaarts te keer. Dit is ’n skande! Bloed aan jou hande, premier,” sê Slater op Twitter.

“Hoe durf julle ons so behandel. Hoekom sorteer julle nie die kwarantynstelsel uit nie? Ek het die regering se toestemming gehad om in die IPL te werk, nou word ek deur die regering verontagsaam.”

Slater (51) het in Indië in die IPL as ’n kommentator gewerk, maar het die land verlaat om sy kwarantyn van twee weke in die Maledive deur te bring.

Morrison het Slater se kritiek Dinsdag as “absurd” beskryf.

“Ons het eenvoudig ’n tydelike verbod toegepas weens die skielike toename in Covid-19-gevalle onder mense wat van Indië af terugreis,” sê Morrison.

Indië se getal gevalle het Dinsdag die 20 miljoen-kerf verbygesteek en die land het vir die 13de agtereenvolgende dag meer as 300 000 nuwe virusgevalle aangemeld.

Australië se besluit om sy eie burgers “te straf” wat poog om uit Indië huiswaarts te keer, word deur wetgewers, regskenners en menseregtegroepe veroordeel.

Sowat ’n kwart van die 35 000 Aussies wat oorsee gestrand is, bevind hulle in Indië. Die reisverbod word op 15 Mei hersien.

Die Australiese regering hou vol die verbod is van kritieke belang om sy openbare gesondheid- en kwarantynstelsels te beskerm. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kwarantynstelsel  |  Australiese Krieketspelers  |  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  Indië  |  T20  |  Michael Slater  |  Covid-19  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.