Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith aanvaar (vir eers) pos by Krieket SA
Graeme SmithFoto: Getty Images

Graeme Smith het die pos aanvaar as Krieket Suid-Afrika se nuwe direkteur van krieket.

KSA het egter Woensdagmiddag in ’n verklaring gesê dat Smith (38), ’n voormalige toetskaptein van Suid-Afrika, slegs in ’n waarnemende hoedanigheid aangestel is.

Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, het bevestig dat Smith in die pos aangestel is tot die begin van volgende jaar se Indiese Premierliga.

Smith het glo reeds kontraktuele verpligtinge om in die IPL as kommentator op te tree.

Dié T20-toernooi word tradisioneel in Maart en April of April en Mei gespeel, wat beteken dat Smith effektief tot die einde van die huidige krieketseisoen aan die stuur sal wees.

Dis nog onduidelik of Smith ná die IPL permanent in die pos aangestel gaan word en of dit weer geadverteer sal word.

Graeme het natuurlik sekere bekommernisse die laaste paar maande gehad. Ek is egter bly om te kan sê ons het dít oorkom en ek sien daarna uit om saam met hom te werk.
Jacques Faul

“Ek is baie bly om Graeme se aanstelling te bevestig. Graeme het natuurlik sekere bekommernisse die laaste paar maande gehad. Ek is egter bly om te kan sê ons het dít oorkom en ek sien daarna uit om saam met hom te werk,” sê Faul in die verklaring.

“Graeme is statisties gesproke die mees suksesvolle toetskaptein in die geskiedenis. Hy is ’n natuurlike leier en sy kennis van die spel is aan niemand s’n ondergeskik nie. Om hom aan boord te hê om te help met die bestuur van beroepskrieket, sowel as ons toevoer van toekomstige spelers, is ’n reuse-hupstoot vir krieket in die land.

Smith het gesê dat hy verskeie kere beklemtoon het dat hy vir KSA wíl help in die moeilike tyd.

“Ek is so passievol soos altyd oor SA krieket en ek sien uit daarna om te begin in die nuwe pos. Daar wag baie harde werk en 'n doelwit is om ’n positiewe impak in my tyd in die pos te maak,” sê Smith. – Sportredaksie

Meer oor:  Graeme Smith  |  Jacques Faul  |  Kaapstad  |  Krieket  |  Ksa  |  Direkteur Van Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.