Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
'ECB, KA het dubbele standaarde'
Die Engelse kaptein, Eoin Morgan, vuisgroet Rishabh Pant tydens ’n wedstryd in vanjaar se Indiese Premierliga. Foto: IPL

Graeme Smith is nie een vir doekies omdraai nie.

Smith, Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, het Donderdag opnuut sy teleurstelling uitgespreek oor die wyse waarop Engeland sy toer in Desember hier weens kommer oor die koronavirus opgeskort het en die Australiërs se besluit om hul toer hierheen in Maart te kanselleer. Veral teen die agtergrond van tientalle Engelse en Australiese spelers wat wél na Indië gereis het vir die Indiese Premierliga (IPL), ondanks die feit dat die Covid-19-situasie in Indië veel erger is as wat die geval in Suid-Afrika was.

Die IPL is Dinsdag opgeskort weens stygende infeksies en verskeie gevalle in die IPL-bioborrel.

Smith is Donderdag gevra of hy voel die Engelse en Aussies kon die situasie oor hul Suid-Afrikaanse toere anders hanteer het.

“Beslis. Jy sien van hierdie (Engelse) spelers wat by die IPL sit en niks sê nie, nadat jy die ervaring van hulle hier gehad het, en jy sien ’n mate van dubbele standaarde. Dit is teleurstellend en ons wil dit baie duidelik stel,” sê Smith.

KSA het al 15 of 16 bioveilige borrels dié seisoen gehad en ek dink nie daar word ’n groot genoeg ophef gemaak oor die sukses wat ons behaal het nie.

Dié voormalige Protea-kaptein sê Pakistan het ná sy toer hier gesê die Suid-Afrikaanse bioborrel was die beste van die vyf bioborrels waarin hulle al was.

Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket. Foto: Gallo Images

“KSA het al 15 of 16 bioveilige borrels dié seisoen gehad en ek dink nie daar word ’n groot genoeg ophef gemaak oor die sukses wat ons behaal het nie,” sê hy.

“As ek terugkyk na die situasie met die Engelse reeks (toe daar positiewe gevalle in die borrel was) – daar is ’n onvoorspelbare element betrokke en ons het vir almal gesê die bioborrels is nooit 100% veilig nie. Ons moet wel krediet gee aan ons dokters en beamptes.”

Daar was in Desember twee positiewe gevalle in die Engelse kamp, waarna die toerspan besluit het om terug te vlieg na Engeland. Daar is later vasgestel die positiewe uitslag was vals.

Die BCCI was uitstaande oor hoe hulle die spelers gehelp het om uit Indië te kom. Ons het nog ’n paar spelers daar, maar teen Vrydag sal almal terug wees.

Smith sê Tom Harrison, die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) se uitvoerende hoof, het begrip vir KSA se situasie gehad. Die vermoede is dat sekere Engelse spelers druk op die ECB geplaas het om hulle terug te vlieg. Die Engelse kaptein, Eoin Morgan, het vanjaar ook die Kolkata Knight Riders in die IPL aangevoer.

Australië se geval was ietwat anders. KSA het verskeie toegewings gemaak sodat die Aussies veilig kon voel in Suid-Afrika, maar hulle het nietemin besluit om die toer te kanselleer. Smith sê hulle het ’n paar “reguit gesprekke” met die Aussies gehad oor die moontlikheid om te herskeduleer.

Smith sê hy is beïndruk met die Indiese Krieketbeheerraad (BCCI) se hantering van die opskorting van die IPL.

“Die BCCI was uitstaande oor hoe hulle die spelers gehelp het om uit Indië te kom. Ons het nog ’n paar spelers daar, maar teen Vrydag sal almal terug wees.

“Dit is uitdagend vir Indië met die huidige situasie en ons veroordeel hulle glad nie. Die spelers het almal veilig gevoel en die bioborrels was vir hulle goed. Dit is maar net die aard van Covid-19 en die uitdagings daaraan verbonde.”

• Smith het ook verduidelik waarom KSA Rassie van der Dussen nie die nodige toestemming gegee het om hom by die Rajasthan Royals aan te sluit nie.

“Hy het ’n bobeenbesering in die reeks teen Pakistan opgedoen en ons het gevoel die risiko is net te groot.”

Meer oor:  Graeme Smith  |  Krieket  |  Ksa  |  Bioborrel  |  Krieket Suid-Afrika  |  Engeland  |  Covid-19  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.