Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith seer oor ‘onherkenbare’ Proteas

Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith sê dit was teleurstellend om sy landgenote se nederlaag Sondag teen Indië op The Oval in die Kampioenetrofee te aanskou.

Graeme Smith, voormalige kaptein van die Proteas. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaners het goed begin met ’n vennootskap van 76 tussen die openingskolwers, Quinton de Kock en Hashim Amla, maar die wiele het afgekom nadat AB de Villiers uitgehardloop is met die span wat van 140/2 tot 191 almal uit verkrummel het.

“Die span ontbreek daardie vonk, of daardie intensiteit in hul spel wat die simbool is van Suid-Afrikaanse krieket,” skryf Smith in sy rubriek op die IKR se webblad.

Smith, wat as ’n kommentator by die toernooi diens doen, sê hy kon sien hoe die “paniek inskop” in die kleedkamer en op die veld.

“Die span se benadering wat die bestanddeel is wat ontbreek ... sedert die span die reeks teen Engeland in Mei gespeel het, het dit nie pluis gelyk vir my as waarnemer nie,” sê Smith.

“Waar ek so gewoond geraak het aan ons vloeiende, soms kragtige begin met die kolf, was dit Sondag effe bedees en het gelei tot ’n posisie waar mens amper kon sien hoe die paniek in ons spel posvat.”

Smith glo tog ten spyte van al die kritiek die huidige Protea-groep is een van die beste wat Suid-Afrika ooit opgelewer het.

“Ek glo steeds hierdie is ’n wonderlike span met baie min – indien enige – swakpunte,” sê Smith.

“Dinge het net nie op die veld bymekaargekom nie, veral met die kolf, en ek weet daardie spelers kry op die oomblik seer.”

Smith, wat die Proteas by die Kampioenetrofee in 2004, 2006 en 2009 aangevoer het, sê die span sal leer uit hul foute met die Wêreldbekertoernooi in 2019 wat lê en wag.

“Ek gee steeds baie om vir die omgewing waaraan ek so baie tyd spandeer het as speler om te ontwikkel en dit het seergemaak om so onherkenbare Suid-Afrikaanse vertoning te sien,” sê Smith.

“Dit was ’n teleurstellende toernooi vir enige Suid-Afrikaanse speler of ondersteuner, maar een waar waardevolle lesse geleer is en toegepas moet word met ’n oog op 2019.”

Klik hier vir Smith se volledige rubriek.

– Sportredaksie

Meer oor:  Graeme Smith  |  Kampioenetrofee  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.