Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Steve Smith kan 3de toets misloop

Steve Smith moet vir 24 uur geen simptome van harsingskudding toon voordat die protokol vir ’n terugkeer tot die krieketveld kan begin, sê Australië se mediese bestuurder.

Dit plaas dié sterkolwer se deelname aan die derde toets in die reeks om die As, wat Donderdag op Headingley in Leeds begin, in die weegskaal.

Steve Smith word agter die kop getref deur ’n opslagbal van Jofra Archer. Foto: Getty Images

Smith is Saterdag in die tweede toets op Lord’s deur ’n vreesaanjaende opslagbal van Jofra Archer agter die kop getref en neergevel. Hy het die veld vir mediese toetse verlaat, wat hy geslaag het en 40 minute later het hy teruggekeer voordat hy sy paaltjie vir 92 verloor het.

Vertraagde harsingskuddingsimptome het Sondag begin wys en hy is deur Marnus Labuschagne vervang, wat toetskrieket se eerste plaasvervanger vir kopbeserings geword het.

Tyd kan nou Smith se grootste vyand wees.

“Hy herstel en slaap nou net, neem ’n bietjie tyd om beter te voel en daarna kan die proses (om terug te keer tot die speelveld) begin, maar daar is uiteraard nie baie tyd voor die volgende toets nie,” het Alex Kountouris, Krieket Australië se hoof- mediese beampte Maandag aan verslaggewers in Melbourne gesê.

Steve Smith val neer. Pat Cummins kom bekommerd nader gehardloop. Jofra Archer kyk toe. Foto: Getty Images

Hy het bygevoeg die besluit oor wanneer Smith tot die speelveld kan terugkeer, sal alleenlik deur Richard Saw, die spandokter geneem word. Saw sal Krieket Australië se protokols volg.

Dit was Saw wat besluit het om Smith Saterdag van die veld te neem en ná ’n reeks toetse toegelaat het dat die kolwer terug uitstap.

Saw het ook besluit dat Smith nie die Sondag kan speel nie.

“Vertraagde harsingskudding is betreklik algemeen. Bykans 30% van harsingskudding is vertraag, so dit is nie ongewoon nie en dit is waarom ons spelers die volgende dag toets.”

Kountouris sê enige kritiek oor die besluit om Smith toe te laat om weer te gaan kolf, is ongegrond aangesien hy nie enige tekens van harsingskudding getoon het nie.

“Alles wat Saw gedoen het, was volgens protokol. Steve het toe nie harsingskudding gehad nie. Hy was gereed om te speel. As ons hom van die veld gehou het, sou dit slegs gewees het oor wat ons op die veld gesien het.

“Die werklikheid is dat slegs een uit elke vyf of ses kopbeserings tot harsingskuddings lei en daarom monitor ons hulle. As jy na die toets kyk, was daar drie ander kopskote en net Steve het harsingskudding opgedoen.

Steve Smith kry mediese aandag nadat hy neergevel is. Foto: Reuters

“As ons elke speler wat teen die kop getref is, van die veld gehaal het, sou ons 80% spelers afgehaal het wat nie harsingskudding het nie. Dit sou ’n oorreaksie wees.”

Die tweede toets het onbeslis geëindig. Australië loop met 1-0 in die reeks van vyf toetse voor. – Reuters

Meer oor:  Steve Smith  |  Jofra Archer  |  Reeks Om Die As  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.