Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith onttroon Kohli op toetsranglys
Die manjifieke Australiese toetskolwer Steve Smith. Foto: Getty Images
Virat Kohli, Indië se kaptein. Foto: Getty Images

Hoewel Steve Smith Australië se vorige kriekettoets teen Engeland op Headingley misgeloop het, het hy steeds daarin geslaag om Virat Kohli van Indië as topkolwer op die Internasionale Krieketraad se toetsranglys te onttroon.

Smith het 144 en 142 in die Aussies se sege in die eerste toets teen Engeland Edgbaston aangeteken. Hy het dit met 92 opgevolg in sy enigste kolfbeurt op Lord’s. Hy kon weens harsingskudding ná ’n kort bal van Jofra Archer hom getref het nie in die tweede beurt kolf nie. Hy is toe ook nie vir die derde toets oorweeg nie.

Kohli het 76 en 0 in Indië se tweede toets teen die Windies op Sabina Park in Kingston aangeteken.

Toetsranglyste:

Kolwers: 1. Steve Smith (Aus) 904, 2. Virat Kohli (Ind) 903, 3. Kane Williamson (NS) 878, 4. Cheteshwar Pujara (Ind) 825, 5. Henry Nicholls (NS) 749, 6. Joe Root (Eng) 726, 7. Ajinkya Rahane (Ind) 725, 8. Tom Latham (NS) 724, 9. Dimuth Karunaratne (Sri) 723, 10. Aiden Markram (SA) 719, Ander SA: 11. Quinton de Kock 718; 12. Faf du Plessis 702.

Boulers: 1. Pat Cummins (Aus) 908, 2. Kagiso Rabada (SA) 851, 3. Jasprit Bumrah (Ind) 835, 4. Jason Holder (Windies) en James Anderson (Eng) 814, 6. Vernon Philander (SA) 813, 7. Trent Boult (NS) 795, 8. Neil Wagner (NS) 785, 9. Kemar Roach (Windies) 780, 10 Mohammad Abbas (Pak) 770. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Virat Kohli  |  Steve Smith  |  Boulers  |  Krieket  |  Ranglys  |  Toetskrieket  |  Kolwers  |  Ikr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.