Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith oor KG: Meer ‘poster boys’ nodig

As Graeme Smith sy sin kry, sou Vrydag die laaste keer wees dat Kagiso Rabada uit die paviljoen twiet oor die eerste dag van ’n Protea-toets.

Kagiso Rabada het vir dié feesviering van Joe Root se paaltjie ’n strafpunt gekry, wat hom verhoed het om in die vierde toets teen Engeland te speel. Foto: Reuters

“Ek is teleurgesteld om nie dié naweek op die Wanderers te speel nie, maar ek sal in die paviljoen wees en die ouens die heeltyd aanspoor,” het Rabada getwiet terwyl die reën verhoed het dat die eerste sessie van die vierde toets teen Engeland kon plaasvind.

Rabada loop dié toets mis nadat hy ’n strafpunt vir sy uitbundige feesviering van Joe Root se paaltjie in die derde toets gekry het. Dit was Rabada se vierde oortreding binne twee jaar, wat tot die skorsing gelei het.

“Dit kan nie weer gebeur nie,” het Smith, Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, vandeesweek gesê.

“Hy is teleurgesteld en daar is ’n element van bestendigheid van Internasionale Krieketraad (IKR) wat benodig word, maar ons kan nie dat ons topbouler wedstryde weens dié soort dinge misloop nie.”

Faf du Plessis en Mark Boucher het albei gesê Rabada boul op sy beste as hy opgesweep is, maar dat hy iewers ’n balans sal moet vind tussen aggressie en om die kolwer se ruimte te respekteer. Smith is dit met die Protea-kaptein en -afrigter eens.

“Hy sal ook moet leer hoe om beter uiting aan sy emosie te gee wanneer die adrenalien pomp en hoe hy die charismatiese man vir die toeskouers kan wees sonder om die reëls te oortree.

“Ons moet hom daarin lei. Hoe hy reageer, is belangrik. Soms loop die gemoedere hoog, dit is ’n stryd tussen jou en ’n topkolwer ... Hy moet leer hoe om dit te hanteer. Hy is nou ervare genoeg.”

Soms loop die gemoedere hoog, dit is ’n stryd tussen jou en ’n topkolwer...
Graeme Smith

Smith glo iets wat hiertoe bydra, is die enorme druk op Rabada se 24-jarige skouers as die leier van die aanval.

“Ons sal daaroor met KG praat, maar hy het ondersteuning van ander spelers nodig wat moet deurkom en sy las ligter maak, sodat hy nie altyd hoef te voel hy is die ou wat met iets vorendag moet kom nie.

“Ons het nodig om ouens soos Lungi (Ngidi) fiks en op die veld te kry, sodat hy die las met KG kan deel.

“KG is die poster boy en ons moet meer poster boys ontwikkel. Daar is te veel druk op sy skouers, hy is op elke advertensie, hy speel in elke wedstryd, as hy nie goed speel nie, is ons in die moeilikheid.

“Ek dink dit is ’n goeie ding dat hy gerus word vir die eendagreeks, sodat ’n paar ander ouens na vore kan tree en die druk op hom kan verlig.”

Meer oor:  Graeme Smith  |  Kagiso Rabada  |  Proteas  |  Engeland  |  Toetsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.