Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith staan tussen Engelse en ’n sege
Steve Smit moet Sondag se kastaiings vir die Aussies uit die vuur krap in die eerste toets in die reeks om die As. (Foto: Getty Images)

’n Jaar gelede was sy lewe ’n deurmekaarspul. ’n Klein, geel stukkie skuurpapier het hom geestelik tot diep, donker plekke verdoem.

Toe Steve Smith Donderdag die merkwaardigste van honderdtalle bereik en sy kolf emosioneel in die lug hou vir applous van die Edgbaston-skare in Birmingham, het die lig vir die eerste keer sedert die balpeuterskandaal weer vierkant op hom geval. Sy 144 op dag een van die eerste toets in die reeks om die As – sy eerste dag se toetskrieket ná Kaapstad – is die enigste rede waarom Australië tans nog ’n aanspraakmaker in dié toets is.

Ben Stokes
Ben Stokes vier gister die ’n paaltjie van Usman Khawaja. Foto: Reuters

Smith het sy span tot 284 gedra. Engeland het geantwoord met 374 in sy eerste beurt. Dít danksy ’n honderdtal deur Rory Burns (133), vyftigtalle deur die kaptein, Joe Root (57), en die Wêreldbeker-held Ben Stokes (50) en ’n hardnekkige stertkantvennootskap gister op dag drie deur Stuart Broad en Chris Woakes.

Woakes (37*) en Broad (29) het 65 om die negende paaltjie gevoeg om hul span tot ’n voorsprong van 90 lopies te dra.

Gister het Australië gaan slaap met sy telling op 124/3, ’n voorsprong van slegs 34 lopies met sewe paaltjies staande. Vanuit dié posisie moet Engeland sekerlik wen, nie waar nie?

Slegs een rede maak dit nié ’n uitgemaakte saak nie. Kroonprins Smith.

Die voormalige kaptein, met wie se medewete David Warner vir Cameron Bancroft opdrag gegee het om die vorm van die bal in die toets teen die Proteas op Nuweland te manipuleer, is steeds, met sy telling op 46*, voor die penne.

En wanneer hy voor die penne is, kan enigiets gebeur. Die man wat verlede jaar voor televisiekameras in Sydney geskreeu-huil het, dryf boulers tot trane met sy onortodokse briljantheid. Solank as wat hy nog daar is, kan Australië ’n gesonde voorsprong opbou.

Sy vennoot, Travis Head (21*), sal saam met hom moet vasskop en hom nie, soos in die eerste beurt, gestrand laat nie. Die Engelse aanvangsbouler Jimmy Anderson is beseer nadat hy slegs vier boulbeurte in die eerste beurt afgestuur het. Engeland het dus slegs vier fikse voorslagboulers. As hulle lank kolf, kan die Aussies dié boulers uitmergel. Dan is ’n sprokiesterugkeer vir Smith naby.

Meer oor:  Ben Stokes  |  Steve Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.