Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith waarsku Indië: ‘Ek’t my hande gevind’

Die Australiese kolwer Steve Smith sê ’n deurbraak op die oefenveld terwyl hy in selfisolering was, het hom gehelp om “weer sy hande te vind”.

Steve Smith glo hy is slaggereed vir die Indiërs. Foto: Getty Images

Smith, wat in 2018 vir ’n jaar geskors is vir sy aandeel in die balpeuterskandaal teen die Proteas, is vol vertroue sy gesukkelry in die Indiese Premierliga (IPL) is agter die rug terwyl hy voorberei om Vrydag teen Indië te speel.

Hy het ’n relatiewe stil IPL in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) beleef met 311 lopies in 14 wedstryde teen ’n gemiddeld van 25,91. Smith se gemiddeld was 41,40 in die vorige drie jaar van die toernooi.

Die 31-jarige voormalige Aussie-kaptein erken hy het in die eerste paar maande van die Covid-19-pandemie skaars aan ’n kolf geraak en toe gesukkel in sy land se T20-toer in Engeland, waar hy 31 lopies in drie beurte aangeteken het.

Sy treurmare met die kolf was ’n groot kommernis vir die Aussies, wat eersdaags tuis in drie eendagwedstryde, drie T20-kragmetings en vier toetse teen Indië te staan kom.

Maar Smith sê hy het tuis in afsondering in Sydney ná sy terugkeer van die VAE weer sy ritme gevind en tref die bal beter as vantevore.

“Ek het die afgelope paar dae iets gevind . . . ek het my hande gevind en dit maak my baie opgewonde,” sê hy.

“Dit gaan eenvoudig daaroor om die regte gevoel van die kolf agter my toon te kry, die plasing van my hande op die kolf.

“Maar sake was tot en met twee dae gelede net nie reg nie. Ek het intussen ietsie gevind en alles het in plek geval. Ek het ná oefening nou die dag ’n groot glimlag op my gesig gehad.”

Dit is goeie nuus vir Aussie-ondersteuners indien Smith inderdaad sy spelpeil herwin het.

Sy gemiddeld teen Indië is 84,05 in toetse en 60,46 in eendagwedstryde.

Die vorige keer wat Smith gesê het hy het sy “hande gevind”, was in die aanloop tot die reeks om die As in 2017-’18, waar hy die Engelse boulaanval met 687 lopies teen ’n 137,40-gemiddeld verniel het.

“Ek probeer in die groot reekse myself te laat geld en die beste uit myself te put,” sê hy.

“Of daar nou iets meer binne my is wat uitkom, is ek nie seker nie.”

– Reuters

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Steve Smith  |  Balpeutery  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.