Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith: Windies-toer kan na SA verskuif
Graeme Smith, Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, is steeds hoopvol dat die Proteas en Windies later vanjaar sal kan kragte meet.Foto: Gallo Images

Die Proteas se beplande kriekettoer na die Wes-Indiese Eilande is nog nie van die baan nie en dié wedstryde kan selfs nog na Suid-Afrika verskuif.

Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Graeme Smith, het Donderdag gesê hoewel die toere van die Suid-Afrikaanse vrouespan en die SA A-span na die Karibiese Eilande onlangs weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is, is hulle steeds in gesprek met die Windies, wat die Protea-mans se toer betref. Dit was aanvanklik vir Julie en Augustus geskeduleer.

Dié datums sal aangepas moet word, omdat die Windies eers in Engeland moet toer. Dié toer is vroeër ook uitgestel en volgens Smith kan dit tussen ses tot sewe weke duur om af te handel.

“Ek dink dis ’n tyd vir lidlande om nougeset saam te werk en ’n manier te vind om krieket aan die gang te kry en ook om mekaar te ondersteun.

Ek dink dis ’n tyd vir lidlande om nougeset saam te werk en ’n manier te vind om krieket aan die gang te kry en ook om mekaar te ondersteun.
Graeme Smith

“Ons probeer om geskikte datums vir die Proteas se toer te vind. Hulle toer in Engeland en eindig op 29 Julie as ek korrek is. Dít sal ons toer laat aanskuif, so ons probeer nou datums op die kalender vind waarin dit sal werk.

“Tans is Indië geskeduleer om aan die einde van Augustus in drie T20-wedstryde hier te kom speel.

“Ons wil voor of ná dit teen die Windies speel. Dit hang natuurlik alles af wat gebeur met die virus en wat die maatreëls van die betrokke owerhede behels.

“Ons kyk na alle aspekte. Dit blyk Trinidad is hul gunsteling plek vanuit ’n gesondheid-perspektief,” sê Smith.

’n Neutrale bestemming, of om die Windies-wedstryde eerder in Suid-Afrika te kom speel, kan volgens Smith ook oorweeg word.

Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

* Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van KSA, sê intussen dit lyk dit vir hom al hoe meer asof die komende franchise- en provinsiale seisoen dalk net ’n halwe seisoen gaan wees.

Hy het weer beklemtoon dat binnelandse reisbeperkings ’n groot rol hierin sal speel.

“Dis reeds onwaarskynlik dat die plaaslike seisoen op die gewone tyd sal begin. Die tweede scenario is dat ons slegs ’n halwe seisoen gaan hê.”

Die seisoen kan volgens hom hopelik met die nuwe Mzansi-T20-reeks begin. Die plan is dat dié kompetisie aan die begin van November sal begin.

Faul het op ’n vraag of dit agter geslote deure gespeel sal word, gesê dit kan dalk voor ’n beperkte getal mense wees, met streng reëls wat sosiale distansiëring betref.

“Die regering sal egter alles moet goedkeur.”

Meer oor:  Graeme Smith  |  Jacques Faul  |  Johannesburg  |  Toer  |  Covid-19  |  Krieket  |  Ksa  |  Direkteur  |  Windies  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.