Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ollie se straf ‘oorreaksie’, sê minister

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het “oorreageer” deur die snelbouler Ollie Robinson uit alle internasionale krieket te skors oor rassistiese en seksistiese aanmerkings wat hy jare gelede op Twitter gemaak het.

Dit is die mening van Oliver Dowden, Brittanje se minister van kultuur.

Ollie Robinson appelleer vir Ross Taylor se paaltjie in die eerste toets tussen Engeland en Nieu-Seeland op Lord’s. Foto: Reuters

Robinson het “onvoorwaardelik” om verskoning gevra vir inskrywings op Twitter wat hy tussen 2012 en 2013 gemaak het. Dié inskrywings is opgediep nadat hy verlede week op Lord’s sy toetsdebuut teen Nieu-Seeland gemaak het.

Die ECB het Robinson (27) Sondag geskors hangende ’n tugondersoek na die kwessie.

“Ollie Robinson se twiets was aanstootlik en verkeerd. Maar dis ’n dekade terug deur ’n tiener geskryf. Dié tiener is nou ’n man en het jammer gesê.

“Die ECB het oorreageer deur hom te skors en moet herbesin daaroor,” sê Dowden op Twitter.

Robinson se kaptein, Joe Root, sê dié snelbouler het die afgelope week ’n wye spektrum emosies ervaar en moes ’n paar harde lesse leer. Hy sê Robinson het egter die kritiek moedig verdra en dadelik aanspreeklikheid vir sy dade aanvaar en berou daaroor getoon. – Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Seksisme  |  Rassisme  |  Ecb  |  Ollie Robinson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.