Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
So byna nog ’n 100 vir Quinton de Kock
Quinton de Kock het Saterdag weer ’n puik beurt vir die Proteas gespeel. Foto: Cricket West Indies

Quinton de Kock het so byna sy honderdtal in die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande Saterdag met nóg een in die tweede toets opgevolg.

Ongelukkig vir die paaltjiewagter is hy vir 96 op glip uitgevang, maar sy beurt het Suid-Afrika nietemin in ’n goeie posisie in die tweede toets geplaas.

Die span is vir 298 in sy eerste beurt uitgeboul nadat hy die eerste dag op 218/5 afgesluit is. Dié telling sou Vrydagoggend ondenkbaar gelyk het nadat die span op 37/3 gesteier het in goeie boultoestande.

Die blad is steeds bevorderlik vir boulwerk en Suid-Afrika sal voel hy het ’n telling wat meer as mededingend is. Veral gegewe die Proteas se goeie boulaanval en die Windies se brose kolflys.

De Kock, wat 162 aflewerings vir sy 96 trotseer het, het Saterdag weer skitterend gekolf. Hy het sy paaltjie aan Kyle Mayers (3/28) afgestaan toe hy ná ’n wye aflewering van dié naatbouler gekap het. Die bal het die paaltjiewagter, wat teenaan die paaltjies gestaan het, se handskoen getref, in die lug opgeskiet en is deur Shai Hope op glip gevang.

Hy het waardevolle vennootskappe van 36 lopies elk met Wiaan Mulder (8) en Keshav Maharaj (12, 52 balle) gedeel om die Proteas verby 250 te kry.

Hy het waardevolle vennootskappe van 36 lopies elk met Wiaan Mulder (8) en Keshav Maharaj (12, 52 balle) gedeel om die Proteas verby 250 te kry.

Kagiso Rabada (21*, 23) het die Proteas met ’n paar mokerhoue tot naby die 300-kerf laat skuif.

Ná die paaltjie van Lungi Ngidi (1) het die spanne middagete geneem, waarna die Windies se beurt sal begin.

* Die Proteas het vier paaltjies in die tweede sessie platgetrek, om die Windies teen teetyd op 56/4 te laat steier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.