Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Só gaan Proteas vir Engelse reeks voorberei

Die Proteas gaan volgende maand ’n paar onderlinge oefenwedstryde in die Kaap speel om die spelers voor te berei vir die witbal-krieketwedstryde teen Engeland.

David Miller is een van die Proteas wat tans bitter min speelkans in die Indiese Premierliga kry. Foto: Gallo Images

Maar die feit dat die meerderheid van hulle nie dieselfde skerpheid sal hê as die Engelse nie, sal die nuwe keurderbaas, Victor Mpitsang, se taak vanuit die staanspoor bemoeilik.

Mpitsang sal boonop bekommerd wees omdat Proteas soos David Miller en Lungi Ngidi tans nie baie speelkans in die Indiese Premierliga kry nie. Die vertonings van ander spelers soos Kagiso Rabada, Quinton de Kock, Faf du Plessis en Anrich Nortjé sal hom weer breed laat glimlag.

Mpitsang het Woensdag gehoor hy is die nuwe hoofkeurder – op dieselfde dag as wat die Engelse toer van drie T20-wedstryde en drie eendagwedstryde bevestig is.

Hy sal vroeg volgende week koppe bymekaar sit met besluitnemers. “Ek gaan Maandag die eerste keer met Graeme Smith (direkteur van krieket) en Mark Boucher (afrigter) vergader,” sê Mpitsang.

Op die bekendstellingsplegtigheid van die plaaslike krieketseisoen Donderdag in Hammanskraal, het Mandla Mashimbyi, afrigter van die Titans, bevestig die nasionale spelers (wat hier is) sal vir die eerste twee wedstryde van die plaaslike meerdagreeks vir hul franchises beskikbaar wees.

Die tweede ronde van wedstryde van die meerdagreeks loop op 12 November ten einde.

Die Proteas se twee groepe sal volgens Krieket Suid-Afrika op 17 November in die Kaap saamtrek en in dieselfde hotel as die Engelse tuisgaan.

Engeland het wat witbalkrieket betref gedurende die Covid-19-inperking reeds ses T20-wedstryde en ses eendagwedstryde gespeel. Pakistan, Ierland en Australië was sy teenstanders.

Die toerspan vertrek op 16 November uit Londen en gaan volgens ESPNcricinfo.com op 21 November sy eerste oefenwedstryd – ’n eendagwedstryd – op Nuweland speel. Die toerspan gaan op 23 November ook twee T20-oefenwedstryde in die Paarl speel.

Die Proteas sal dieselde tye by onderlinge oefenwedstryde betrokke wees. Hulle sal byvoorbeeld in die Paarl speel wanneer Engeland in Kaapstad is en dan weer op Nuweland as die toerspan in die Paarl is.

Die Engelse se toer begin dan met die eerste T20-wedstryd op 27 November op Nuweland.

Die spanne speel een T20-wedstryd in die Paarl (29 November) voordat hulle die T20-reeks op Nuweland (1 Desember) voltooi.

Die drie eendagwedstryd word op 4, 6 en 9 Desember gespeel, met die Paarl weer gasheer vir die middelste kragmeting.

Meer oor:  Engeland-Toer  |  Krieket  |  T20  |  Eendagreeks  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.