Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Só lyk planne vir opgekikkerde Mzansi-liga
Faf du Plessis in aksie vir die Paarl Rocks.Foto: Gallo Images

Die toekenning van Protea-“ikone” vir die nuwe Mzansi-T20-krieketreeks kan reeds Vrydag bekend gemaak word.

Dié reeks word einde van die jaar van ses tot agt spanne vergroot, met spanne wat intussen aan Bloemfontein en Oos-Londen toegeken is.

Hoewel sport in Suid-Afrika tans weens die Covid-19-pandemie tot stilstand gedwing is, is die voorlopige plan dat die nuwe Mzansi-liga van die einde van November af begin, met ’n eindstryd kort ná Kersfees.

Organiseerders sal intussen oor die volgende paar dae gesprekke oor die nuwe spelerstrekking voer.

Die verwagting is dat die bestaande ses spanne hulle Protea-ikoonspelers sal behou. Quinton de Kock sal byvoorbeeld steeds vir die Cape Town Blitz beskikbaar wees en Faf du Plessis vir die Paarl Rocks.

Die Johannesburgse franchise sal moet kies tussen heelwat T20-sterre. Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada en Beuran Hendricks is onder andere van die klomp Proteas in die Lions se geledere.

Buiten die agt ikone sal nog agt gekontrakteerde Proteas vir die spelerstrekking beskikbaar wees.

Alle buitelandse spelers, Kolpak-spelers en spelers soos AB de Villiers, wat nie ’n kontrak by ’n plaaslike span het nie, kan hulle na verneem word ook in die spelerstrekking bevind.

Alle buitelandse spelers, Kolpak-spelers en spelers soos AB de Villiers, wat nie ’n kontrak by ’n plaaslike span het nie, kan hulle na verneem word ook in die spelerstrekking bevind.

Van die bestaande spanne se name gaan ook verander.

Die Jozi Stars, Tshwane Spartans en Durban Heat gaan nou onderskeidelik as die Lions, Titans en Dolphins speel.

Die nuwe sentrale streekspan sal as die Knights wedstryde in Bloemfontein en Kimberley speel.

Die twee Kaapse spanne, die Paarl Rocks en die Cape Town Blitz, sowel as die Nelson Mandela Bay Giants, kan hul name van die vorige reeks, die Mzanzi-superliga, behou.

Meer oor:  Ab De Villiers  |  Faf Du Plessis  |  Suid-Afrika  |  Mzansi-Superliga  |  Planne  |  Krieket  |  Franchise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.