Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Soet en suur vir Hamza in Ranchi

Vir Zubayr Hamza was dit Maandag ’n dag van eerstes.

“Dit was my eerste toetsvyftigtal, maar ook die eerste keer wat ek twee keer op dieselfde dag uitgehaal is,” het die Protea-kolwer Hamza ná dag drie van die derde toets teen Indië in Ranchi gesê.

Zubayr Hamza onderweg na sy vyftigtal in die Proteas se eerste kolfbeurt teen Indië in die derde toets in Ranchi. Foto: AP

Hamza het Maandag in die Proteas se eerste beurt 62 aangeteken en in die tweede beurt is hy vir ’n nulletjie uit.

“Ek is teleurgesteld dat ek nie die goeie geleentheid kon gebruik wat ek in die eerste beurt gehad het nie.”

Hamza was waarskynlik die enigste Protea wat Maandag enigsins rede gehad het om te glimlag. Suid-Afrika het ’n allemintige 16 paaltjies verloor en word deur nóg ’n beurt-nederlaag in die gesig gestaar.

Die span sal sy tweede beurt Dinsdag op 132/8 hervat – steeds 203 lopies agter Indië se verklaarde eerstebeurt-telling van 497/9.

“Dit was ’n taai dag en baie teleurstellend vir die span.”

Volgens Hamza regverdig die toestande nie die Protea-kolwers se kleitrappery nie.

“Om bykans twee keer in minder as twee dae uitgeboul te word, is baie power. Dit is taai, ons het gesukkel om vennootskappe te bou.

“Hul boulers was goed en gedissiplineerd, maar ons het gesukkel met ons verdediging. Die boulers het met aanvallende lyne volhard, hulle was baie goed, maar ons was nie goed genoeg nie.”

Die Indiese snelboulers was uitstekend in dié reeks, maar Hamza sê Suid-Afrika was nooit geïntimideer deur hulle nie.

“Ons het hul snelboulers nooit onderskat nie. Hulle het baie aanvallende lyne geboul en ons gedwing om na die meerderheid van hul aflewerings te speel.

“Ons verdediging was net nie goed genoeg om hulle te keer nie.”

Hy glo ook nie dis ’n feit dat hulle hul nie goed genoeg voorberei het vir die Indiese naatboulers se aanslag nie.

“Jy verwag dat draaiboulers meer van ’n bedreiging in Indië sal wees, maar dis nie dat ons nie goed voorberei het vir die naatboulers nie.”

Hy sê hy probeer positief bly en neem die lesse ter harte wat die span in die reeks op die harde manier geleer het.

Meer oor:  Ranchi  |  Proteas  |  Indië  |  Zubayr Hamza  |  Toetskrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.