Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Solidarity Cup nou op Mandeladag
Die Protea-witbalkaptein, Quinton de Kock, sal die Kites aanvoer in die unieke Solidarity Cup-wedstryd, wat nou op 18 Julie sal plaasvind. Foto: Gallo Images

Die Solidarity Cup-driespan-wedstryd sal nou op 18 Julie plaasvind en sal nie van Centurion na Potchefstroom geskuif word nie.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Woensdagoggend die nuwe datum vir dié wedstryd aangekondig, nadat dit vroeër noodgedwonge uitgestel moes word omdat KSA nog nie die nodige goedkeuring van Nathi Mthethwa, minister van sport, gehad het om tot die oefen- en speelveld terug te keer nie.

Die wedstryd sou aanvanklik op 27 Junie plaasgevind het, maar Mthethwa het eers op 26 Junie vir krieket die jawoord gegee om tot die oefen- en speelveld terug te keer. Dit nadat die wedstryd op 17 Junie aangekondig is.

Regstreekse krieket sal nou op Mandeladag terugkeer, met 24 van Suid-Afrika se beste spelers wat ’n splinternuwe formaat van die spel, driespan-krieket, op SuperSport-park bekend sal stel. Drie spanne van agt spelers elk speel in ’n enkele wedstryd van 36 boulbeurte, wat in twee helftes verdeel word. Elke span trotseer 12 boulbeurte.

Die spanne vir die Solidarity Cup-driespan-wedstryd.

AB de Villiers sal die Eagles aanvoer, Kagiso Rabada die Kingfishers en Quinton de Kock die Kites.

Die wedstryd sal om 11:00 begin en regstreeks op SuperSport2 uitgesaai word.

Daar was vroeër sprake dat die wedstryd moontlik na Potchefstroom kan skuif, omdat dié dorp nie in ’n Covid-19-brandpunt-gebied val nie.

KSA het egter goedkeuring om wedstryde te hervat, selfs al is dit in brandpunt-gebiede – iets wat aanvanklik deur regulasies in die Staatskoerant verbied is.

Die reëls van die Solidarity Cup-driespan-wedstryd.

Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, sê hulle is opgewonde om regstreekse krieket tussen van die land se beste spelers terug op televisie te kry.

“Ek kan nie aan ’n meer geskikte dag dink om dié wedstryd op te speel as Mandeladag nie, want die hoofdoelwit is om geld in te samel vir diegene wat erg getref is deur die koronavirus,” sê Faul.

Daar word daarna gemik om ongeveer R3 miljoen vir Covid-19-verligting in te samel.

“Dit is bykans nog drie weke weg, so dit bied vir ons spelers meer tyd om behoorlik voor te berei en die risiko van beserings tot ’n minimum te beperk.”

Suid-Afrika se hoëprestasie-groep het vandeesweek stelselmatig landwyd weer onder streng voorwaardes tot die oefenveld teruggekeer. Spelers oefen nie noodwendig by hul franchise-spanne se tuisvelde nie, maar by die stadions naaste aan hul huise.

Dit is die eerste keer sedert die inperking in Maart begin het dat die spelers weer krieketspesifieke oefeninge doen.

Meer oor:  Driespan-Wedstryd  |  Solidarity Cup  |  Koronavirus  |  Ksa  |  Driespankrieket  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.