Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sommige Big Bash-spanne kniel vir BLM

Die Suid-Afrikaanse krieketspeler Laura Wolvaardt was een van die groot uitblinkers op die eerste dag van die Big Bash-T20-liga vir vroue – ’n dag waarop ’n aantal spanne besluit het om ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM)-beweging te kniel.

Spelers van die Hobart Hurricanes kniel voor die aanvang van hul wedstryd Sondag in Sydney. Foto: Getty Images

Die besluit om te kniel of nie, is aan die spanne oorgelaat, maar die Sydney Thunder het aangedui dat hy as span besluit het om dit wel te doen.

Al die spanne het ook onderneem om ’n seremonie vir die inheemse mense van Australië te doen.

Sondag – die eerste dag – het die Adelaide Strikers en Hobart Hurricanes voor die aanvang van hul wedstryd in Sydney gekniel, berig ESPNcricinfo.

Die 21-jarige Wolvaardt, wat vir die Adelaide Strikers speel, het in haar span se sege met agt paaltjies 51 onoorwonne lopies van 42 balle gemoker.

Laura Wolvaardt toe sy Sondag haar 50-tal behaal het. Foto: Getty Images

Die Hobart Hurricanes het eerste gekolf, maar kon net 84 lopies in 16.3 boulbeurte bymekaarskraap, waarna Wolvaardt-hulle (85/2) die wenlopies in die 14de boulbeurt aangeteken het.

Reën het twee wedstryde, dié tussen die Sydney Thunder en die Sydney Sixers en die Melbourne Renegades en Melbourne Stars, in die wiele gery.

Wolvaardt kon egter nie Maandag in haar span se tweede wedstryd – teen die Sydney Sixers in Sydney – weer met die kolf uitblink nie. Sy het net drie lopies tot haar span se totaal van 68/7 in nege boulbeurte (weens reën is die wedstryd verkort) bygedra.

Die Sixers (47/1 in 5.4 boulbeurte) het die kragmeting met nege paaltjies volgens die Duckworth-Lewis-formule gewen. Nog ’n Suid-Afrikaner, Marizanne Kapp, was een van die Sixers se groot uitblinkers met die bal deur 3/14 in twee boulbeurte plat te trek.

Twee wedstryde is ook Maandag afgelas sonder dat ’n enkele bal geboul is, terwyl die een tussen die

Sydney Thunder en Melbourne Stars ná slegs vier boulbeurte ook afgelas is. – Sportredaksie


Meer oor:  Krieket  |  Big Bash  |  Laura Wolvaardt  |  Blm  |  Marizanne Kapp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.