Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sout ná die suur vir stadige Proteas
Lungi Ngidi van Suid-Afrika in die veld tydens Australië se kolfbeurt van die eerste T20-stryd in die Wanderers-stadion. Foto: Gallo Images

Asof die Proteas se patetiese vertoning teen Australië in Vrydag se eerste T20-stryd nie genoeg was nie, is die span nog Saterdag beboet vir sy stadige boulbeurt-tempo.

Suid-Afrika het die wedstryd met ’n vernederende 107 lopies verloor.

Suid-Afrika is met 20% van sy wedstrydbedrag gestraf nadat hy ’n stadige beurt-tempo gehandhaaf het tydens sy groot nederlaag in Johannesburg.

Volgens die IKR het Andy Pycroft van die Internasionale Krieketraad (IKR) se paneel van elite-wedstrydskeidsregters die straf toegedien vir Quinton de Kock se span.

Ingevolge die IKR se gedragskode vir spelers, wat ook handel oor geringe beurt-tempo-oortredings, word spelers met 20% van hul wedstrydbedrag beboet vir elke boulbeurt wat die span nie in die toegelate tyd afstuur nie.

De Kock het skuldig gepleit en die straf aanvaar, so geen formele tugverhoor was ná die wedstryd nodig nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Wanderers  |  Ikr  |  Proteas  |  Australië  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.