Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tshwane Spartans haal nog asem
Die Tshwane Spartans se Gihahn Cloete (30) was sy span se beste kolwer in Woensdag se Mzansi-superliga teen die Paarl Rocks in Centurion. Die tuisspan het met vier paaltjies gewen. Foto: Gallo Images

Die Tshwane Spartans haal nog asem in die Mzansi-superliga (MSL), nadat hulle die Paarl Rocks Woensdagmiddag in Centurion met vier paaltjies omgedop het.

Met hierdie sege klou hulle aan hul vingerpunte om die uitspeelstryd te haal.

Die Paarliete is vir slegs 121 lopies in 17.4 beurte uitgehaal ná ’n powere poging met die kolf. Die Spartans (122/6) het self al stotterende by die wenpaal uitgekom met net drie balle oor.

Hulle moes 11 lopies van die laaste boulbeurt slaan.

Faf du Plessis, kaptein van die Paarl Rocks, het Woensdag in Centurion 38 lopies teen die Tshwane Spartans aangeteken, maar sy span is met vier paaltjies geklop. Foto: Gallo Images

Robbie Frylinck (22*, 21 b, 1x4, 1x6) het die eerste bal van Dane Paterson vir ’n ses geslaan en die tweede vir ’n vier, voordat ’n enkellopie van die derde geneem is.

Slegs die Rocks se Faf du Plessis (38, 19 balle, 5x4, 2x6) en die Windie Dwayne Bravo (25, 14 b, 3x6) het so effe gelyk asof hulle die tellinghouers besig wou hou.

Aiden Markram, wat met die lopiemasjien van die Jozi Stars, Reeza Hendricks, in ’n tweestryd is as kolwer nommerdrie in die nasionale span, het sy aanspraak geen guns gedoen nie deur net twee lopies aan te teken voordat hy agter die paaltjies gevang is.

Die snelbouler Lutho Sipamla (3/19) het die top-orde afgemaai, met die draaier Shaun von Berg (3/27) wat gekeer het dat daar enige momentum was.

Hier teen die einde het die Sri Lankaanse draaier Jeevan Mendis (2/35) die stert afgekap en sy aantal paaltjies in die toernooi opgestoot na 15, wat die meeste is.

Tabraiz Shamsi het AB de Villiers skoongeboul. Foto: Gallo Images

Die Spartans se reis om by die teiken uit te kom, het heel gemaklik verloop totdat Dean Elgar (6) uitgehardloop is toe hy nie betyds kon rem en ’n u-draai maak nadat hy ’n bal langs die kolfblad afgespeel het nie.

Voordat jy kon sê Andrea Agathagelou het dié kolwer van Griekse afkoms, wat sy debuut vir die tuisspan gemaak het, ’n blitsige 23 lopies van net 14 balle geslaan met drie viere en ’n ses voordat hy ’n mamparra-hou gespeel het om sy paaltjie te verloor.

AB de Villiers (8) se trietsige kolfpeil het voortgeduur toe hy deur die links-bybreker Tabraiz Shamsi (3/18) skoongeboul is.

Nie lank daarna nie het Shamsi die Engelsman Eoin Morgan (4) se debuut ook versuur deur hom been voor paaltjie te betrap.

* In Durban was reën die wenner tussen die Durban Heat en die Nelson Mandela Bay Giants in hul MSL-krieketstryd. Die Giants het 121/2 in die 14de boulbeurt gehad toe spel uiteindelik om 21:35 afgelas is.

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Paarl Rocks  |  Msl  |  Tshwane Spartans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.