Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Spelers ken van geen toeskouers,’

Baie van die Proteas is reeds gewoond daaraan om sonder enige toeskouers te speel, want daar is amper nooit toeskouers wat opdaag vir plaaslike vierdagwedstryde nie, sê Mark Boucher tong-in-die-kies.

Kyle Verreynne, die Protea-kolwer van die Cobras, twee weke gelede op ’n leë Wanderers teen die Lions in aksie. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika speel Vrydag op Nuweland sy eerste wedstryd in ’n leë stadion as deel van die land se “nuwe normaal” weens die impak van die Covid-19-pandemie. Die Proteas pak Engeland dan in die eerste van drie T20-wedstryde.

“Internasionale krieket sal uiteraard ’n ander storie as plaaslike krieket wees. Dit is maar net iets waaraan ons gewoond moet raak. Daar sal nie ’n gebrek aan passie wees nie,” sê Boucher, die Protea-afrigter.

“Ons dryf ’n nuwe kultuur en die passie sal daar wees, met of sonder die toeskouers. Ons weet daar gaan nie ’n skare wees nie, maar mense sal ons sonder twyfel dophou.

Dit is ’n kans vir ons om die spel in Suid-Afrika weer om die regte redes in die nuus te kry.

Krieket Suid-Afrika (KSA), wat die laaste paar maande die hoofopskrifte oorheers het terwyl hy tussen krisisse rondval, sal verheug wees as dít kan gebeur. Boucher het KSA en die Protea-bestuur wel geloof vir die werk wat hulle gedoen het om te sorg die Proteas se bioborrel-omgewing in Kaapstad is so gemaklik as moontlik.

“Om in ’n bioborrel te bly, is niks nuuts nie. Ons was al op toere waar daar veiligheidsrisiko’s was en ons moes dan in die hotelomgewing gebly het. Ons kan daaraan gewoond raak om in ’n hotel te bly,” sê Boucher.

Die Proteas bly in die luukse The Vineyard-hotel aan die voet van Tafelberg.

“Ons is ook in ’n fantastiese hotel, met lekker oop ruimtes. Dit is iets wat ons bestuurspan besef het belangrik sal wees, nadat ons die probleme opgemerk het wat ander spanne in die wêreld ervaar het.

“Ons wou kyk hoe ons dit kon oorbrug en ons is baie tevrede met waar ons bly.”

Faf du Plessis het vroeër aan Netwerk24 gesê dit was vir hom uitdagend om saam met die Chennai Super Kings in Dubai in ’n bioborrel te wees, omdat dié span in ’n hotel in die middel van die stad gebly het. Van die ander spanne het in oorde naby die strand gebly en kon dus uitkom.

Ná die reeks van drie T20’s, pak Suid-Afrika en Engeland mekaar ook in drie eendagwedstryde.

Meer oor:  Engeland-Toer  |  T20  |  Mark Boucher  |  Toeskouers  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.