Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Saca laat vaar saak teen Krieket SA
Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) het sy saak teen Krieket Suid-Afrika (KSA) teruggetrek ná die nasionale beheerliggaam se vroeëre voorneme om plaaslike krieket te herstruktureer.

KSA wou die bestaande ses franchise-spanne (Titans, Lions, Cobras, Warriors en Knights) ontbind en met 12 provinsiale spanne vervang, maar Saca was nie hiervoor te vinde nie. Saca het in Mei hofstukke by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien om KSA te dwing om die besluit tersyde te stel.

KSA het Vrydag in ’n verklaring aangekondig dié partye het ’n vertroulike ooreenkoms bereik en dat daar op ’n pad vorentoe besluit is.

Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van KSA, sê die bande met Saca is daarmee herstel. Hy sê hulle mik daarna om die konsultasieproses oor dié kwessie teen die einde van Junie te voltooi.

“Dit sal almal, veral ons spelers, sekerheid en sekuriteit oor die pad vorentoe gee. Soos ons almal weet, is ons spelers ons grootste bate en is dit belangrik dat hulle geraadpleeg word wanneer hul loopbane geraak word,” sê Faul. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Saca  |  Ksa  |  Herstrukturering  |  Jacques Faul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.