Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Spoeg op krieketballe dalk taboe
Morné Morkel spoeg op die bal in ’n oefensessie in Indië. Foto: Getty Images

Die gebruik van spoeg om ’n krieketbal vir ’n moontlike swaaibeweging te bewerkstellig kan moontlik iets van die verlede wees.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) se krieketkomitee, onder leiding van die voormalige Indiese draaier Anil Kumble, het Maandag digitaal vergader en veranderinge aan die spel se regulasies aanbeveel om die bedreiging van die Covid-19-virussiekte te probeer bekamp.

Die voorsitter van die IKR se raadgewende mediese komitee, dr. Peter Harcourt, het die krieketkomitee toegespreek oor die vergrote risiko om die virus deur spoeg oor te dra, het die IKR in ’n verklaring gesê.

Die krieketkomitee het dus aanbeveel dat die blinkpoets van die bal met spoeg verbied moet word.

Die komitee het ook aangehoor dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die virus deur sweet oorgedra kan word. Die gebruik van sweet om die bal mee blink te vryf, hoef dus nie verbied te word nie. Opgeskerpte higiëniese maatreëls op en rondom die speelveld word wel aanbeveel.

Die krieketkomitee het ook aanbeveel dat plaaslike skeidsregters tydelik aangewys word om internasionale wedstryde te behartig. Sedert 2002 mag beamptes wat deur die IKR aangewys word om ’n wedstryd te behartig, nie van een van die deelnemende lande afkomstig wees nie.

Die krieketkomitee het ook aanbeveel dat plaaslike skeidsregters tydelik aangewys word om internasionale wedstryde te behartig.

Gegewe die uitdagings met internasionale vlugte, het die krieketkomitee aanbeveel dat dié reël vir eers opsy geskuif word. Om daarvoor te vergoed, het die krieketkomitee aanbeveel dat spanne tydelik een bykomende verwysing per beurt in elke formaat mag gebruik.

Die aanbevelings sal vroeg in Junie vir goedkeuring aan die IKR se uitvoerende hoofde-komitee voorgelê word.

Vroeër is berig die IKR besef dit is noodsaaklik om boulers steeds toe te laat om die bal te bewerk, andersins sal kolwers eenvoudig oorheers nadat die bal se glans ná die eerste paar beurte verlore gaan.

Om te sorg dat die bal steeds bewerk kan word, oorweeg besluitnemers dit selfs om ’n vorm van “balpeutery” onder die wakende oog van die skeidsregters te wettig, het die gesaghebbende webtuiste ESPNcricinfo vroeër berig.

Shane Warne / Foto: Getty Images

Verskeie oudspelers het al met ander voorstelle vorendag gekom, terwyl die Australiese sporttoerustingvervaardiger Kookaburra ’n “balwaks” ontwikkel het wat gebruik kan word as plaasvervanger vir speeksel om die bal mee blink te vryf.

Shane Warne, die voormalige Australiese draaikoning, het voorgestel dat balle aan die een kant swaarder gemaak word sodat dit altyd swaai.

Die voormalige Protea-afrigter Eric Simons het gesê “spoeglappe” is iets wat oorweeg kan word sodat spelers nie meer hul vingers in hul monde hoef te druk nie.

Meer oor:  Shane Warne  |  Dubai  |  Boulers  |  Swaai  |  Spoeg  |  Koronavirus  |  Krieket  |  Ikr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.